Studiehulp
Kruis


Kruis

Die houtstruktuur waarop Jesus Christus gekruisig is (Mark. 15:20–26). Baie in die wêreld beskou dit nou as ’n simbool van Christus se Kruisiging en soenoffer; die Here het egter sy eie simbole daargestel vir sy Kruisiging en sy offer—die brood en die water van die nagmaal (Matt. 26:26–28; L&V 20:40, 75–79). In die skrifture, diegene wat hulle kruis opneem, is diegene wat Jesus Christus só lief het dat hulle hulleself van alle goddeloosheid en elke wêreldse lus weerhou (JSV, Matt. 16:25–26 [Bylae]).