Studiehulp
Verkiesing


Verkiesing

Gebaseer op vooraardse waardigheid, het God diegene gekies wat die nageslag van Abraham en die huis van Israel sou wees en die verbondsvolk sou word (Deut. 32:7–9; Abr. 2:9–11). Hierdie mense word spesiale seëninge en pligte gegee sodat hulle al die nasies van die wêreld kan seën (Rom. 11:5–7; 1 Petr. 1:2; Alma 13:1–5; L&V 84:99). Tog moet ook hierdie gekose mense geroep en gekies word in hierdie lewe ten einde verlossing te verkry.