Studiehulp
Joël


Joël

’n Profeet in die land Juda in die Ou Testament. Die datum van sy lewe is onseker—hy mag geleef het iewers tussen die heerskappy van Joas, voor 850 v.C. en die terugkeer van die stam van Juda uit slawerny in Babilon.

Die boek van Joël

Die hooftema van die boek is ’n profesie wat Joël gemaak het nadat die land Juda met ’n geweldige droogte en met sprinkane getref is (Joël 1:4–20). Joël het die volk verseker dat deur bekering hulle weer die seëninge van God sou ontvang (Joël 2:12–14).

Hoofstuk 1 is ’n oproep tot ’n gewyde vergadering in die huis van die Here. Hoofstuk 2 vertel van oorlog en verwoesting wat die Millennium vooraf sal gaan. Hoofstuk 3 praat van die laaste dae en bevestig dat alle nasies oorlog sal maak maar dat die Here uiteindelik in Sion sal woon.

Petrus het Joël se profesie aangehaal van die uitstorting van die Gees op Pinksterdag (Joël 2:28–32; Hand. 2:16–21). Die engel Moroni het ook dieselfde gedeelte vir Joseph Smith aangehaal (JS—G 1:41).