Studiehulp
Salf


Salf

In die dae van die voortyd het die Here se profete diegene met olie gesalf wat spesiale pligte sou uitvoer, soos Aäron of die priesters of die konings wat oor Israel sou heers. In die Kerk behels salwing vandag om ’n klein hoeveelheid geheiligde olie op ’n persoon se hoof te plaas as deel van ’n spesiale seëning. Dit kan slegs gedoen word met die gesag en mag van die Melgisédekse Priesterskap. Na die salwing mag ’n persoon met die gesag van daardie priesterskap die salwing seël en ’n spesiale seëning aan die een wat gesalf is, gee.