Studiehulp
Jehova


Jehova

Die verbonds- of eienaam van die God van Israel. Dit beteken “die ewige Ek Is” (Ex. 3:14; Joh. 8:58). Jehova is die voor-aardse Jesus Christus en het na die aarde gekom as ’n seun van Maria (Mosia 3:8; 15:1; 3 Ne. 15:1–5). Gewoonlik as die woord Here in die Ou Testament verskyn, beteken dit “Jehova.”

Jehova is Christus

Jehova was bekend aan die voortydse profete (Ex. 6:3; Abr. 1:16). Die Apostel Paulus het geleer dat Christus die Jehova van die Ou Testament was (Ex. 17:6; 1 Kor. 10:1–4). Die broer van Jered in die Boek van Mormon het die vooraardse Christus gesien en Hom aanbid (Ether 3:13–15). Moroni het ook vir Christus “Jehova” genoem (Moro. 10:34). By die Kirtland Tempel het Joseph Smith en Oliver Cowdery die herrese Jehova gesien (L&V 110:3–4).