Studiehulp
Joseph Smith Vertaling (JSV)


Joseph Smith Vertaling (JSV)

’n Hersiening of vertaling van die King James-weergawe van die Bybel in Engels, waarmee die Profeet Joseph Smith begin het in Junie 1830. Hy is deur God beveel om die vertaling te maak en het dit beskou as deel van sy roeping as ’n profeet.

Alhoewel Joseph die meeste van die vertaling voltooi het teen Julie 1833, het hy aangehou tot sy dood in 1844 om veranderings te maak terwyl hy ’n manuskrip voorberei het vir publikasie. Hoewel hy sommige dele van die vertaling gedurende sy lewe gepubliseer het, is dit moontlik dat hy verdere veranderings sou gemaak het as hy sou geleef het om die hele werk te publiseer. Die Hergeorganiseerde Kerk van Jesus Christus van die Heiliges van die Laaste Dae het die eerste uitgawe van Joseph Smith se geïnspireerde vertaling gepubliseer in 1867. Hulle het verskeie uitgawes gepubliseer sedert daardie tyd.

Die Profeet het baie dinge geleer gedurende die vertalingsproses. Verskeie afdelings van die Leer en Verbonde is ontvang as gevolg van sy vertalingswerk (soos L&V 76; 77; 91; en 132). Ook het die Here vir Joseph spesifieke opdragte gegee vir die vertaling wat opgeteken is in die Leer en Verbonde (L&V 37:1; 45:60–61; 76:15–18; 90:13; 91; 94:10; 104:58; 124:89). Die boek van Moses en Joseph Smith—Matthéüs, wat nou ingesluit is in die Pêrel van Groot Waarde, is direk geneem van die Joseph Smith Vertaling.

Die Joseph Smith vertaling het sommige van die duidelike en kosbare dinge herstel wat verlore gegaan het uit die Bybel (1 Ne. 13). Hoewel dit nie die amptelike Bybel van die Kerk is nie, bied hierdie vertaling baie interessante insigte en is van groot nut om die Bybel te verstaan. Dit is ook ’n getuie van die goddelike roeping en bediening van die Profeet Joseph Smith.