Studiehulp
Kronieke


Kronieke

Twee boeke in die Ou Testament. Hulle gee ’n kort geskiedenis van gebeurtenisse vanaf die Skepping tot die verklaring van Kores wat die Jode toelaat om na Jerusalem terug te keer.

Eerste Kronieke

Hoofstuk 1–9 lys geslagsregisters vanaf Adam tot Saul. Hoofstuk 10 beskryf die dood van Saul. In hoofstuk 11–22 is die gebeurtenisse opgeteken wat verbind word met die heerskappy van Dawid. Hoofstuk 23–27 verduidelik dat Salomo koning gemaak is en die Leviete se pligte is uiteengesit. Hoofstuk 28 verduidelik dat Dawid vir Salomo beveel het om ’n tempel te bou. Hoofstuk 29 vermeld Dawid se dood.

Tweede Kronieke

In hoofstuk 1–9 is die gebeurtenisse opgeteken wat verbind word met die heerskappy van Salomo. Hoofstuk 10–12 vertel van die heerskappy van Salomo se seun Rehábeam, gedurende welke tyd die verenigde koninkryk van Israel verdeel is in die noordelike en suidelike koninkryke. Hoofstuk 13–36 beskryf die heerskappy van verskeie konings tot die inname van die koninkryk van Juda deur Nebukadnésar. Die boek eindig met Kores se dekreet dat die gevange kinders van Juda na Jerusalem kan terugkeer.