Heródias Suster van Herodes Agríppa in die Nuwe Testament. Sy was getroud met haar oom, Herodes Filippus, by wie sy ’n dogter, Salóme, gehad het. Sy en Salóme het saamgesweer om vir Johannes die Doper te laat onthoof (Matt. 14:3–11).