Studiehulp
Nauvoo, Illinois (VSA)


Nauvoo, Illinois (VSA)

’n Stad gestig deur die Heiliges van die Laaste Dae in 1839 in die staat van Illinois. Dit is geleë 320 kilometer stroomop van St. Louis.

Vanweë vervolgings in die staat van Missouri, het die Heiliges omtrent 300 kilometer na die noord-ooste getrek, oor die Mississippirivier, na Illinois, waar hulle meer gunstige toestande gevind het. Uiteindelik het die Heiliges land gekoop naby die onontwikkelde stad Commerce. Hierdie land was eintlik ’n moerasagtige woesteny met net ’n paar eenvoudige geboue. Die Heiliges het die land gedreineer en huise opgerig. Joseph Smith het met sy gesin in ’n klein houthuis ingetrek. Die stad se naam is van Commerce verander na Nauvoo, na die Hebreeuse woord vir “pragtig”.

Verskeie afdelings van die Leer en Verbonde is opgeteken in Nauvoo (L&V 124–129; 132; 135). Die Heiliges is aangesê om ’n tempel in Nauvoo te bou (L&V 124:26–27). Hulle het ’n tempel gebou en het penne van Sion georganiseer voordat hulle uit hulle huise uitgedryf is in 1846. As gevolg van hierdie vervolging het die Heiliges die gebied verlaat en het hulle weswaarts getrek.