Studiehulp
Nehemía


Nehemía

’n Adellike Israeliet in Babilon in die Ou Testament (óf ’n Leviet óf van die stam van Juda) wat die amp van skinker gehad het aan die hof van Artasásta van wie hy ’n koninklike opdrag verkry het wat hom gemagtig het om die mure van Jerusalem te herbou.

Die boek van Nehemía

Hierdie boek is ’n voortsetting van die boek van Esra. Dit bevat ’n verslag van die vordering en probleme van die werk in Jerusalem ná die terugkeer van die Jode uit Babiloniese slawerny. Hoofstukke 1–7 vertel van Nehemía se eerste besoek aan Jerusalem en die herbouing van die stadsmure ten spyte van groot teenkanting. Hoofstukke 8–10 beskryf die godsdienstige en sosiale hervormings wat Nehemía probeer invoer het. Hoofstukke 11–13 gee ’n lys van name van diegene wat waardig is, en gee ’n verslag van die inwyding van die muur. Verse 4–31 van hoofstuk 13 vertel van ’n tweede besoek van Nehemía aan Jerusalem nadat hy vir twaalf jaar weg was.