Studiehulp
Skool van die Profete


Skool van die Profete

In Kirtland, Ohio (Verenigde State van Amerika), gedurende die winter van 1832–1833, het die Here vir Joseph Smith beveel om ’n skool te organiseer met die doel om die broers in alle dinge op te lei betreffende die evangelie en die Koninkryk van God. Vanuit hierdie skool het baie van die vroeëre leiers van die Kerk gekom. ’n Ander skool van die profete of die ouderlinge is gelei deur Parley P. Pratt in Jackson-graafskap, Missouri (L&V 97:1–6). Soortgelyke skole is gestig kort nadat die Heiliges na die Weste verhuis het; hulle is egter gou gesluit. Evangeliese onderrig vind vandag tuis in priesterskapkworums en die verskillende hulporganisasies plaas en deur Kerkskole en seminarie en instituutklasse.