Studiehulp
Woord van Wysheid


Woord van Wysheid

’n Gesondheidswet wat deur die Here geopenbaar is tot die fisiese en geestelike voordeel van die Heiliges (L&V 89). Ons verwys gewoonlik daarna as die Woord van Wysheid. Die Here het altyd sy volgelinge gesondheidsbeginsels geleer. Die Here het aan Joseph Smith geopenbaar watter soorte voedsel geëet moet word en watter vermy moet word, tesame met ’n belofte van stoflike en geestelike seëninge as die Woord van Wysheid gehoorsaam word.