Studiehulp
Petrus


Petrus

In die Nuwe Testament was Petrus aanvanklik bekend as Símeon of Simon (2 Petr. 1:1), ’n visserman van Betsáida wat in Kapérnaüm gewoon het met sy vrou. Jesus het Petrus se skoonmoeder genees (Mark. 1:29–31). Petrus is saam met sy broer, Andréas, geroep om ’n dissipel van Jesus Christus te wees (Matt. 4:18–22; Mark. 1:16–18; Lk. 5:1–11). Sy Aramese naam, Cefas, wat “’n siener” of “’n klip” beteken, is aan hom gegee deur die Here (Joh. 1:40–42; JSV, Joh. 1:42 [Bylae]). Alhoewel die Nuwe Testament sommige van Petrus se sterflike swakhede noem, toon dit ook dat hy hulle te bowe gekom het en sterk gemaak is deur sy geloof in Jesus Christus.

Petrus het bely dat Jesus die Christus en die Seun van God is (Joh. 6:68–69) en die Here het hom gekies om die sleutels van die koninkryk op aarde te dra (Matt. 16:13–19). Op die Berg van Transfigurasie het Petrus die getransformeerde Saligmaker gesien, sowel as vir Moses en Elías (Elía) (Matt. 17:1–9).

Petrus was die hoofapostel van sy tyd. Na die dood, Opstanding en Hemelvaart van die Saligmaker, het hy die Kerk byeengeroep en die roeping van ’n Apostel in die plek van Judas Iskáriot, gerig (Hand. 1:15–26). Petrus en Johannes het ’n man genees wat vanaf geboorte lam was (Hand. 3:1–16) en is wonderbaarlik bevry uit die gevangenis (Hand. 5:11–29; 12:1–19). Dit was deur Petrus se bediening dat die evangelie eers aan die nie-Jode gebring is (Hand. 10–11). In die laaste dae het Petrus, saam met Jakobus en Johannes, uit die hemel gekom en die Melgisédekse Priesterskap en die sleutels daarvan aan Joseph Smith en Oliver Cowdery geskenk (L&V 27:12–13; 128:20).

Eerste sendbrief van Petrus

Die eerste sendbrief is uit “Babilon” geskryf (waarskynlik Rome) en is na die Heiliges gestuur in wat vandag Klein-Asië genoem word, kort nadat Nero die Christene begin vervolg het.

Hoofstuk 1 vertel van Christus se voorafbepaalde rol as die Verlosser. Hoofstuk 2–3 verduidelik dat Christus die hoeksteen is van die Kerk, dat die Heiliges ’n koninklike priesterskap dra en dat Christus vir die geeste in die gevangenis gepreek het. Hoofstuk 4–5 verduidelik waarom die evangelie aan die dode verkondig word en waarom die ouderlinge die kudde moet voed.

Tweede sendbrief van Petrus

Hoofstuk 1 vermaan die Heiliges om hulle roeping en verkiesing vas te maak. Hoofstuk 2 waarsku teen valse leraars. Hoofstuk 3 praat oor die laaste dae en Christus se Tweede Koms.