Studiehulp
Ether


Ether

Die laaste Jereditiese profeet in die Boek van Mormon (Ether 12:1–2).

Die boek van Ether

’n Boek in die Boek van Mormon wat gedeeltes bevat van die kroniek van die Jerediete. Die Jerediete was ’n groep mense wat geleef het in die westelike halfrond baie eeue voor die volk van Lehi. Die boek van Ether is geneem van vier en twintig plate wat gevind is deur die volk van Limhi (Mosia 8:8–9).

Hoofstuk 1–2 vertel hoedat die Jerediete hulle tuiste verlaat het ten tye van die Toring van Babel en hulle reis begin het na wat nou bekend is as die Amerikaanse vasteland. Hoofstuk 3–6 verduidelik dat die broer van Jered die voorsterflike Verlosser gesien het en dat die Jerediete in agt sulke bote gereis het. Hoofstuk 7–11 vervolg met die geskiedenis van goddeloosheid wat baie van die Jereditiese geskiedenis oorheers het. Moroni, wat Ether se kroniek geredigeer het, het in hoofstuk 12–13 geskryf oor wonderwerke wat deur geloof gedoen is en van Christus en ’n Nuwe Jerusalem wat moes kom. Hoofstuk 14–15 vertel hoedat die Jerediete ’n magtige nasie geword het maar deur burgeroorlog vernietig is as gevolg van goddeloosheid.