Studiehulp
Aäroniese Priesterskap


Aäroniese Priesterskap

Die mindere priesterskap (Hebr. 7:11–12; L&V 107:13–14). Die ampte daarin is biskop, priester, leraar en diaken (L&V 84:30; 107:10, 14–15, 87–88). Eertyds, onder die wet van Moses, was daar hoëpriesters, priesters en Leviete. Omdat die antieke Israeliete gerebelleer het teen God, is Moses en die heilige priesterskap van hulle weggeneem en die mindere priesterskap het voortgeduur. Hulle het geweier om geheilig te word en die Melgisédekse Priesterskap en die ordinansies daarvan te ontvang. (Sien L&V 84:23–26.) Die Aäroniese Priesterskap handel met die stoflike en uiterlike ordinansies van die wet en die evangelie (1 Kron. 23:27–32; L&V 84:26–27; 107:20). Dit hou die sleutels van die bediening van engele, van die evangelie van bekering, en van die doop (L&V 13). Die Aäroniese Priesterskap is herstel tot die aarde in hierdie tydvak op 15 Mei 1829. Johannes die Doper het dit op Joseph Smith en Oliver Cowdery bevestig naby Harmony, Pennsilvanië (L&V 13; JS—G 1:68–73).