Soos dit gebruik word in die skrifture het die term nie-Jode verskillende betekenisse. Somtyds dui dit mense aan wat van ’n nie-Israelitiese afkoms is en somtyds nasies wat sonder die evangelie is, al mag daar ’n bietjie Israelitiese bloed onder die mense wees. Hierdie laaste gebruik is veral kenmerkend van die woord soos dit gebruik word in die Boek van Mormon en Leer en Verbonde.
Israeliete mag nie met nie-Israeliete (nie-Jode) getrou het nie, Deut. 7:1–3 .
Die Here sou kom om ’n lig te wees vir die nie-Jode, Jes. 42:6 .
Petrus is beveel om die evangelie na die nie-Jode te neem, Hand. 10:9–48 .
God het ook bekering aan die nie-Jode geskenk, Hand. 11:18 .
Ons word gedoop in een kerk, of ons Jode of nie-Jode is, 1 Kor. 12:13 .
Die nie-Jode behoort mede-erfgename te wees in Christus deur die evangelie, Efés. 3:6 .
Die Boek van Mormon is geskryf vir die nie-Jode, titelbladsy van die Boek van Mormon (Morm. 3:17 ).
’n Man onder die nie-Jode het uitgegaan op die baie waters, 1 Ne. 13:12 .
Ander boeke het uitgegaan vanaf die nie-Jode, 1 Ne. 13:39 .
Die volheid van die evangelie sal na die nie-Jode kom, 1 Ne. 15:13 (3 Ne. 16:7 ; L&V 20:9 ).
Hierdie land sal ’n land van vryheid wees vir die nie-Jode, 2 Ne. 10:11 .
Die nie-Jode is soos ’n wilde olyfboom, Jakob 5 .
Die evangelie sal te voorskyn kom in die tye van die nie-Jode, L&V 45:28 (L&V 19:27 ).
Die woord sal uitgaan na die uiteindes van die aarde, eers na die nie-Jode, en dan na die Jode, L&V 90:8–10 .
Die Sewentig sal spesiale getuies wees vir die nie-Jode, L&V 107:25 .
Stuur die ouderlinge van my kerk uit om alle nasies te besoek, eers die nie-Jode, en dan die Jode, L&V 133:8 .