Studiehulp
Númeri


Númeri

Die vierde boek in die Ou Testament. Moses het die boek Númeri geskryf. Die boek Númeri vertel die verhaal van Israel se reis vanaf Berg Sinai tot die vlaktes van Moab aan die grens van Kanaän. Een van die belangrikste lesse wat dit leer, is dat God se volk in geloof moet wandel en op sy beloftes vertrou as hulle suksesvol wil voortgaan. Dit vertel van God se straf van Israel vir ongehoorsaamheid en verskaf inligting oor Israelitiese wette. Die naam van die boek is afkomstig van die talle sensusgetalle (Núm. 1–2; 26).

Hoofstukke 1–10 handel oor die Israeliese voorbereiding vir hulle vertrek van Sinai. Hoofstukke 11–14 beskryf die uittog self, die uitstuur van spioene in Kanaän en Israel se weiering om die beloofde land binne te gaan. Hoofstukke 15–19 lys verskillende wette en geskiedkundige gebeure. Hoofstukke 20–36 is die geskiedenis van die volk se laaste jaar in die wildernis.