Sonde Sien ook Aanstoot Gee; Boos, Boosheid; Gruwel, Gruwelik; Onregverdig, Onregverdigheid; Rebellie; Vieslik, Vieslikheid Opsetlike ongehoorsaamheid aan God se gebooie. Hy wat sy oortredinge bedek, sal nie voorspoedig wees nie, Spr. 28:13. Al was julle sondes soos skarlaken, dit sal wit word soos sneeu, Jes. 1:18. Sondaars sal sterf en die regverdiges sal gered word, Eség. 18. Die Lam van God neem die sondes van die wêreld weg, Joh. 1:29. Laat jou doop en jou sondes afwas, Hand. 22:16. Die loon van die sonde is die dood, Rom. 6:23. Wie dan weet om goed te doen en dit nie doen nie, vir hom is dit sonde, Jak. 4:17. Sal U my maak dat ek mag sidder ten aansien van die sonde, 2 Ne. 4:31. Wee al diegene wat sterwe in hulle sondes, 2 Ne. 9:38. Hulle kon nie die sonde aanskou nie tensy dit met afkeer was nie, Alma 13:12. Moenie veronderstel dat jy herstel sal word van die sonde tot geluk nie, Alma 41:9–10. Die Here kan nie sonde aanskou met die geringste mate van aanvaarding nie, Alma 45:16 (L&V 1:31). Klein kindertjies is nie in staat om sonde te pleeg nie, Moro. 8:8. Om te bekeer, moet mense bely en hulle sondes versaak, L&V 58:42–43. Die groter sonde bly by hom wat nie vergewe nie, L&V 64:9. Hy wat sondig teen die groter lig sal die groter veroordeling ontvang, L&V 82:3. Vir daardie siel wat sondig, sal die vorige sondes terugkeer, L&V 82:7. Wanneer ons onderneem om ons sondes te verberg, onttrek die hemele hulleself, L&V 121:37.