Studiehulp
Eségiël


Eségiël

’n Profeet wat die boek van Eségiël geskryf het in die Ou Testament. Hy was ’n priester van die gesin van Sadok en een van die Joodse gevangenes wat deur Nebukadnésar weggevoer is. Hy het hom met die Joodse bannelinge gevestig in Babilon en het geprofeteer gedurende ’n tydperk van twee en twintig jaar, van 592 tot 570 v.C.

Die boek van Eségiël

Die boek van Eségiël kan verdeel word in vier afdelings. Hoofstuk 1–3 vertel van ’n visioen van God en Eségiël se roeping om te dien; hoofstuk 4–24 vertel van oordele oor Jerusalem en waarom hulle gegee is; hoofstuk 25–32 verkondig oordele oor die nasies; en hoofstuk 33–48 bevat visioene van Israel in die laaste dae.