Studiehulp
Nagmaal


Nagmaal

Vir Heiliges van die Laaste Dae verwys nagmaal na die ordinansie van die gebruik van die brood en water ter herinnering aan Christus se soenoffer. Die gebreekte brood verteenwoordig sy gebroke vlees; die water verteenwoordig die bloed wat Hy gestort het om vir ons sondes te versoen (1 Kor. 11:23–25; L&V 27:2). Wanneer waardige Kerklede die nagmaal gebruik, belowe hulle om die naam van Christus op hulle te neem, om Hom altyd te onthou en om sy gebooie te onderhou. Deur hierdie ordinansie hernu Kerklede doopverbonde.

Tydens die Laaste Avondmaal het Jesus die ordinansie van die nagmaal verduidelik terwyl Hy saam met die Twaalf Apostels geëet het (Matt. 26:17–28; Lk. 22:1–20).