Studiehulp
Amptelike Verklaring 2


Amptelike Verklaring 2

’n Leerstelling aangaande wie die priesterskap van God mag dra, wat nou voorkom in die laaste bladsye van die Leer en Verbonde. Vroeg in Junie 1978 het die Here aan President Spencer W. Kimball geopenbaar dat die priesterskap aan alle waardige manlike lede van die Kerk gegee moet word. Dit het die priesterskap beskikbaar gemaak vir alle waardige mans en tempelseëninge beskikbaar gemaak vir alle lede, ongeag ras of kleur. Op 30 September 1978 is hierdie verklaring aan die algemene konferensie van die Kerk voorgehou en is eenparig aangeneem.