Studiehulp
Geslagsregister


Geslagsregister

’n Kroniek wat die stamboom van ’n familie naspoor. Waar priesterskap-ampte of sekere seëninge beperk was tot ’n sekere familie, was geslagsregisters in die skrifture baie belangrik (Gén. 5; 10; 25; 46; 1 Kron. 1–9; Esra 2:61–62; Neh. 7:63–64; Matt. 1:1–17; Lk. 3:23–38; 1 Ne. 3:1–4; 5:14–19; Jarom 1:1–2). Vandag hou lede van die herstelde Kerk aan om hulle stamboom na te spoor, gedeeltelik om afgestorwe voorouers behoorlik te identifiseer sodat hulle reddende ordinansies kan uitvoer namens hulle voorouers. Hierdie ordinansies is geldig vir daardie afgestorwe persone wat die evangelie van Jesus Christus aanvaar in die geesteswêreld (L&V 127–128).