Studiehulp
Deuteronómium


Deuteronómium

Die vyfde boek van die Ou Testament.

Deuteronómium bevat die drie laaste redevoerings wat Moses gelewer het op die vlaktes van Moab net voordat hy getransformeer is. Die eerste redevoering (hoofstuk 1–4) is inleidend. Die tweede redevoering (hoofstuk 5–26) bestaan uit twee dele: (1) hoofstuk 5–11—Die Tien Gebooie en ’n praktiese verduideliking daarvan; en (2) hoofstuk 12–26—’n kode van wette, wat die kern van die hele boek vorm. Die derde redevoering (hoofstuk 27–30) bevat ’n plegtige hernuwing van die verbond tussen Israel en God en ’n aankondiging van die seëninge wat op gehoorsaamheid volg asook die vervloekinge wat op ongehoorsaamheid volg. Hoofstuk 31–34 beskryf die oorhandiging van die wet aan die Leviete, Moses se lied en laaste seën, en die heengaan van Moses.