Studiehulp
Maleági


Maleági

’n Ou Testamentiese profeet wat geskryf en geprofeteer het in ongeveer 430 n.C.

Die boek van Maleági

Die boek of profesie van Maleági is die laaste boek in die Ou Testament. Dit bevat vier hooftemas: (1) die sondes van Israel—Maleági 1:6–2:17; 3:8–9; (2) die oordele wat oor Israel sal kom as gevolg van hulle ongehoorsaamheid—Maleági 1:14; 2:2–3, 12; 3:5; (3) die beloftes vir gehoorsaamheid—Maleági 3:10–12, 16–18; 4:2–3; en (4) profesieë aangaande Israel—Maleági 3:1–5; 4:1, 5–6 (L&V 2; 128:17; JS—G 1:37–39).

In sy profesie het Maleági geskryf van Johannes die Doper (Mal. 3:1; Matt. 11:10), die wet van die tiende (Mal. 3:7–12), die Tweede Koms van die Here (Mal. 4:5) en die terugkeer van Elía (Mal. 4:5–6; L&V 2; 128:17; JS—G 1:37–39). Die Saligmaker het die volledige hoofstuk 3 en 4 van Maleági aangehaal aan die Nefiete (3 Ne. 24–25).