Studiehulp
Génesis


Génesis

Die boek van Génesis is die eerste boek van die Ou Testament en is geskrywe deur die profeet Moses. Dit gee ’n verslag van die begin van baie dinge, soos die skepping van die aarde, die plasing van diere en die mens op die aarde, die Val van Adam en Eva, die openbaring van die evangelie aan Adam, die aanvang van stamme en rasse, die oorsprong van verskeie tale by Babel en die begin van die familie van Abraham wat gelei het tot die vestiging van die huis van Israel. Josef se aandeel as ’n bewaarder van Israel word benadruk in Génesis.

Openbarings van die laaste dae bevestig en verhelder die kroniek van Génesis (1 Ne. 5; Ether 1; Moses 1–8; Abr. 1–5).

In die boek van Génesis vertel hoofstuk 1–4 van die skepping van die wêreld en die ontwikkeling van die gesin van Adam. Hoofstuk 5–10 vermeld die geskiedenis van Noag. Hoofstuk 11–20 vertel van Abraham en sy gesin tot en met die tyd van Isak. Hoofstuk 21–35 vervolg met die verhaal van Isak se gesin. Hoofstuk 36 vertel van Esau en sy gesin. Hoofstuk 37–50 vertel van Jakob se gesin en gee die verslag van Josef wat verkoop is na Egipte en sy aandeel om die huis van Israel te red.