Studiehulp
Rein en Onrein


Rein en Onrein

In die Ou Testament het die Here aan Moses en die Israeliete van die voortyd geopenbaar dat slegs sekere voedsels as suiwer beskou is, of met ander woorde, geskik om geëet te word. Die onderskeid wat die Israeliete gemaak het tussen rein en onrein voedsels het ’n groot invloed op hulle godsdienstige en sosiale lewe gehad. Sekere diere, voëls, en visse is as rein beskou en aanvaarbaar om te eet, terwyl ander onrein en verbode was (Lev. 11; Deut. 14:3–20). Sommige siek persone is ook as onrein beskou.

In ’n geestelike sin, is dit om skoon te wees, om vry te wees van sonde en sondige begeertes. In hierdie sin word die woord gebruik om ’n persoon te beskryf wat rein is en ’n suiwer hart het (Ps. 24:4). God se verbondsvolk het altyd spesiale opdragte gehad om rein te wees (3 Ne. 20:41; L&V 38:42; 133:5).