Studiehulp
Engele


Engele

Daar is twee soorte wesens in die hemel wat engele genoem word: diegene wat geeste is en diegene wat liggame het van vlees en been. Engele wat geeste is, het nog nie ’n liggaam van vlees en been ontvang nie, óf hulle is geeste wat eenmaal ’n sterflike liggaam gehad het en wat die opstanding afwag. Engele wat liggame het van vlees en been is óf herrese uit die dood óf getransfigureer.

Daar is baie verwysings in die skrifture ten opsigte van die werk van engele. Somtyds spreek engele met ’n stem van donder wanneer hulle God se boodskap oordra (Mosia 27:11–16). Regverdige sterflike mense kan ook engele genoem word (JSV, Gén. 19:15 [Bylae]). Sommige engele dien rondom die troon van God in die hemel (Alma 36:22).

Die skrifture spreek ook van die duiwel se engele. Hulle is die geeste wat Lucifer gevolg het en wat uit God se teenwoordigheid gewerp is in die vooraardse lewe en neergewerp is na die aarde (Openb. 12:1–9; 2 Ne. 9:9, 16; L&V 29:36–37).