Skrifture
Leer en Verbonde 129


Afdeling 129

Inligting gegee deur Joseph Smith die Profeet, te Nauvoo, Illinois, 9 Februarie 1843, wat drie groot sleutels bekendmaak waardeur die ware aard van dienende engele en geeste onderskei mag word.

1–3, Daar is beide herrese en geestelike liggame in die hemel; 4–9, Sleutels word gegee waardeur boodskappers van die anderkant van die sluier geïdentifiseer kan word.

1 Daar is twee soorte wesens in die ahemel, naamlik: bEngele, wat cherrese persone is, wat liggame van vlees en been het—

2 Byvoorbeeld, Jesus het gesê: Voel aan My en kyk, want ’n gees het nie avlees en bene soos julle sien dat Ek het nie.

3 Tweedens: die ageeste van bregverdige mense wat vervolmaak is, hulle is nie herrese nie, maar beërwe dieselfde heerlikheid.

4 Wanneer ’n boodskapper kom wat sê dat hy ’n boodskap van God het, gee hom jou hand en versoek hom om jou hand te skud.

5 Indien hy ’n engel is, sal hy so maak, en jy sal sy hand voel.

6 Indien hy die gees van ’n regverdige man is wat vervolmaak is, sal hy in sy heerlikheid kom; want dit is die enigste manier waarop hy kan verskyn—

7 Vra hom om jou hand te skud, maar hy sal nie beweeg nie, want dit is teenstrydig met die orde van die hemel vir ’n regverdige man om te bedrieg; maar hy sal steeds sy boodskap aflewer.

8 Indien dit die aduiwel is as ’n engel van die lig, wanneer jy hom vra om jou hand te skud, sal hy jou sy hand aanbied, en jy sal niks voel nie, jy mag hom dus uitken.

9 Hierdie is die drie groot sleutels waardeur jy mag weet of ’n bediening van God is.