Skrifture
Leer en Verbonde 22


Afdeling 22

Openbaring gegee deur Joseph Smith die Profeet, te Manchester, New York, 16 April 1830. Hierdie openbaring is gegee aan die Kerk as gevolg van sommiges wat voorheen gedoop is, begerig om te verenig met die Kerk sonder herdoop.

1, Die doop is ’n nuwe en ewigdurende verbond; 2–4, Doop deur die nodige gesag word vereis.

1 Kyk, Ek sê vir julle dat alle aou verbonde het Ek laat wegdoen in hierdie saak; en dit is ’n bnuwe en ewigdurende verbond, naamlik dit wat was vanaf die begin.

2 Daarom, alhoewel ’n man ’n honderd keer gedoop word, baat dit hom niks nie, want julle kan nie ingaan deur die eng poort deur die awet van Moses nie, nóg deur julle bdooie werke.

3 Want dit is vanweë julle dooie werke dat Ek julle hierdie laaste verbond en hierdie kerk laat opbou het vir My, net soos in die dae van ouds.

4 Daarom, gaan julle in by die apoort, soos Ek gebied het, en bsoek nie om julle God raad te gee nie. Amen.