Skrifture
Leer en Verbonde 20


Afdeling 20

Openbaring oor Kerkorganisasie en -bestuur, gegee deur Joseph Smith die Profeet, te of naby Fayette, New York. Dele van hierdie openbaring kon so vroeg as somer 1829 gegee gewees het. Die volledige openbaring, bekend gedurende dié tyd as die Articles and Covenants [Artikels en Verbonde], is moontlik opgeteken kort na 6 April 1830 (die dag waarop die Kerk georganiseer is). Die Profeet het geskryf: “Ons het ontvang van Hom [Jesus Christus] die volgende, deur die gees van profesie en openbaring; wat nie slegs vir ons baie inligting gegee het nie, maar ook vir ons aangedui het die presiese dag waarop, volgens sy wil en gebod, ons moes voortgaan om sy Kerk weer eens hier op die aarde te organiseer.”

1–16, Die Boek van Mormon bewys die goddelikheid van die werk van die laaste dae; 17–28, Die leer van die skepping, die val, die soendood, en die doop word bevestig; 29–37, Wette wat bekering, regverdigmaking, heiligmaking, en die doop beheer, word uiteengesit; 38–67, Pligte van ouderlinge, priesters, leraars en diakens word opgesom; 68–74, Pligte van lede, seëning van kinders, en die wyse van die doop word geopenbaar; 75–84, Nagmaalsgebede en reëls wat Kerklidmaatskap beheer, word gegee.

1 Die aopkoms van die bKerk van Jesus Christus in hierdie die laaste dae, en wel een duisend agt honderd en dertig jaar sedert die koms van ons Here en Saligmaker Jesus Christus in die vlees, wat reëlmatig cgeorganiseer en gevestig is ooreenkomstig die wette van ons land, deur die wil en gebooie van God, in die vierde maand, en op die sesde dag van die maand wat April genoem word—

2 Welke gebooie gegee is aan Joseph Smith, Jr., wat ageroep is deur God, en’n bapostel van Jesus Christus geordineer is, om die eerste couderling te wees van hierdie kerk.

3 En aan Oliver Cowdery, wat ook geroep is deur God, ’n apostel van Jesus Christus, om die tweede ouderling te wees van hierdie kerk, en geordineer onder sy hand;

4 En dit volgens die genade van ons Here en Saligmaker Jesus Christus, aan wie al die heerlikheid toekom, beide nou en vir ewig. Amen.

5 Nadat dit waarlik getoon is aan hierdie eerste ouderling dat hy ’n vergifnis ontvang het van sy sondes, was hy weer averstrik in die ydelhede van die wêreld.

6 Maar na bekering, en hy homself opreg verootmoedig het, deur geloof, het God hom bygestaan deur ’n heilige aengel, wie se bgelaat soos weerlig was, en wie se kleding rein en wit was bo alle ander witheid;

7 En het aan hom gegee gebooie wat hom geïnspireer het;

8 En het hom die krag gegee van omhoog, deur die amiddele wat voorheen berei is om die Boek van Mormon te vertaal;

9 Wat ’n kroniek bevat van ’n gevalle volk, en die avolheid van die bevangelie van Jesus Christus aan die nie-Jode en ook aan die Jode;

10 Wat gegee is deur inspirasie, en is bevestig aan aandere deur die bediening van engele, en is bbekendgemaak aan die wêreld deur hulle—

11 Wat bewys aan die wêreld dat die heilige skrifture awaar is en dat God wel mense binspireer en hulle roep tot sy cheilige werk in hierdie tyd en geslag, sowel as in die geslagte van ouds;

12 En daardeur toon dat Hy adieselfde God is gister, vandag en vir ewig. Amen.

13 Daarom, omdat dit sulke groot getuies het, sal die wêreld deur hulle geoordeel word, en wel soveel as wat hierna kom tot ’n kennis van hierdie werk.

14 En diegene wat dit ontvang in geloof, en aregverdigheid doen, sal ’n bkroon van ewige lewe ontvang;

15 Maar diegene wat hulle harte verhard in aongeloof, en dit verwerp, dit sal lei na hul eie veroordeling—

16 Want die Here God het dit gespreek; en ons, die ouderlinge van die kerk, het gehoor en lewer getuienis van die woorde van die glorieryke Majesteit omhoog, aan wie die heerlikheid toekom vir ewig en ewig. Amen.

17 Vanweë hierdie dinge aweet ons dat daar ’n bGod in die hemel is, wat oneindig en ewig is, van ewigdurendheid tot ewigdurendheid, dieselfde onveranderlike God, die maker van hemel en aarde en alle dinge wat in hulle is;

18 En dat Hy die mens ageskape het, man en vrou, na sy eie bbeeld en na sy eie gelykenis, het Hy hulle geskape;

19 En het aan hulle gebooie gegee dat hulle Hom moet aliefhê en Hom bdien, die enigste lewende en ware God, en dat Hy die enigste wese moes wees wat hulle moet caanbid.

20 Maar deur die oortreding van hierdie heilige wette het die mens avleeslik en bduiwels geword, en het cgevalle mens geword.

21 Daarom, die Almagtige God het sy aEniggebore Seun gegee, soos dit geskryf is in daardie skrifture wat van Hom gegee is.

22 Hy het aversoekings gely maar geen ag geslaan op hulle nie.

23 Hy is agekruisig, het gesterf, en weer bopgestaan op die derde dag;

24 En aopgevaar na die hemel, om te sit aan die regterhand van die bVader, om te heers met almagtige krag volgens die wil van die Vader;

25 Sodat soveel as wat wil aglo en gedoop word in sy heilige Naam, en bvolhard in geloof tot die einde, sal gered word—

26 Nie net diegene wat geglo het nadat Hy gekom het in die amiddelpunt van tyd, in die vlees nie, maar al diegene vanaf die begin, naamlik soveel as wat was voor Hy gekom het, wat geglo het in die woorde van die bheilige profete, wat gespreek het soos hulle geïnspireer is deur die cgawe van die Heilige Gees, wat waarlik dgetuig het van Hom in alle dinge, sal die ewige lewe hê.

27 Asook diegene wat daarna kom, wat sal glo in die agawes en roepings van God deur die Heilige Gees, wat bgetuienis lewer van die Vader en die Seun;

28 Welke Vader, Seun en Heilige Gees aeen God is, oneindig en ewig, sonder einde. Amen.

29 En ons weet dat alle mense moet abekeer en glo in die Naam van Jesus Christus, en die Vader aanbid in sy Naam, en volhard in bgeloof in sy Naam tot die einde, of hulle kan nie cgered word in die koninkryk van God nie.

30 En ons weet dat aregverdigmaking deur die bgenade van ons Here en Saligmaker Jesus Christus juis en waar is;

31 En ons weet ook, dat aheiligmaking deur die genade van ons Here en Saligmaker Jesus Christus juis en waar is, aan al diegene wat God liefhet en dien met hulle hele bmag, verstand en krag.

32 Maar daar is ’n moontlikheid dat die mens kan aval van genade en die lewende God verlaat;

33 Daarom, laat die kerk oplet en altyd bid, dat hulle nie in aversoeking val nie;

34 Ja, en laat selfs diegene wat geheilig is ook oplet.

35 En ons weet dat hierdie dinge waar is en volgens die openbarings van Johannes, nóg abyvoeg tot, nóg wegneem van die profesie van hierdie boek, die heilige bskrifture, of die openbarings van God wat hierna sal kom deur die gawe en mag van die Heilige Gees, die cstem van God, of die bediening van engele.

36 En die Here God het dit gespreek; en laat eer, krag en heerlikheid betoon word aan sy heilige Naam, beide nou en ewig. Amen.

37 En verder, by wyse van gebod aan die kerk aangaande die wyse van doop—Al diegene wat hulle verootmoedig voor God en begeer om agedoop te word, en na vore kom met bgebroke harte en verslae geeste en getuig voor die kerk dat hulle waarlik bekeer het van hulle sondes en gewillig is om op hulle die cNaam van Jesus Christus te neem, met ’n dvasberadenheid om Hom te dien tot die einde en waarlik toon deur hulle ewerke dat hulle ontvang het van die Gees van Christus tot die fvergifnis van hul sondes, sal ontvang word deur die doop in sy kerk.

38 Die plig van die ouderlinge, priesters, leraars, diakens en lede van die kerk van Christus—’n aApostel is ’n bouderling, en dit is sy roeping om te doop;

39 En om ander ouderlinge, priesters, leraars, en diakens te aordineer;

40 En om die brood en wyn te abedien—die embleme van die vlees en bloed van Christus—

41 En om diegene te abevestig wat gedoop word in die kerk, deur die oplegging van bhande vir die doop van vuur en die cHeilige Gees, volgens die skrifture;

42 En om te leer, uit te lê, te vermaan, te doop en te waak oor die kerk;

43 En om die kerk te bevestig deur die oplegging van hande, en die skenking van die Heilige Gees;

44 En om die leiding te neem by alle vergaderings.

45 Die ouderlinge moet die vergaderings alei soos hulle gelei word deur die Heilige Gees, ooreenkomstig die gebooie en openbarings van God.

46 Die apriester se plig is om te preek, te bleer, uit te lê, te vermaan, en te doop, en om die nagmaal te bedien,

47 En om die huis van elke lid te besoek, en om hulle te vermaan om ahardop te bbid en in die geheim en alle cfamiliepligte na te kom.

48 En hy mag ook ander priesters, leraars en diakens aordineer.

49 En hy moet die leiding neem by vergaderings as daar geen ouderling teenwoordig is nie;

50 Maar wanneer daar ’n ouderling teenwoordig is, moet hy net preek, leer, uitlê, vermaan, en doop,

51 En die huis van elke lid besoek, om hulle te vermaan om hardop te bid en in die geheim en alle familiepligte na te kom.

52 In al hierdie pligte moet die priester die ouderling abystaan indien die omstandighede dit vereis.

53 Die aleraar se plig is om altyd te bwaak oor die kerk, en met hulle te wees en hulle te versterk.

54 En toesien dat daar geen ongeregtigheid in die kerk is nie, nóg ahardheid teenoor mekaar, nóg leuens, nóg laster, nóg bkwaadsprekery;

55 En toesien dat die kerk gereeld byeenkom, en ook toesien dat al die lede hulle pligte nakom.

56 En hy moet die leiding neem by vergaderings in die afwesigheid van die ouderling of priester—

57 En moet altyd bygestaan word, in al sy pligte in die kerk, deur die adiakens, indien omstandighede dit vereis.

58 Maar nóg leraars nóg diakens het gesag om te doop, die nagmaal te bedien, of hande op te lê.

59 Hulle moet, egter, waarsku, uitlê, vermaan, en leer, en almal uitnooi om na Christus te kom.

60 Elke aouderling, priester, leraar of diaken moet geordineer word ooreenkomstig die gawes en broepings van God aan hom; en hy moet geordineer word deur die mag van die Heilige Gees, wat in die een is wat hom ordineer.

61 Die onderskeie ouderlinge wat hierdie kerk van Christus vorm, moet in konferensie byeenkom eenkeer elke drie maande, of van tyd tot tyd soos genoemde konferensies sal aanwys of vasstel;

62 En genoemde konferensies moet sodanige kerklike sake afhandel wat nodig is om af te handel op daardie tydstip.

63 Die ouderlinge moet hulle lisensies ontvang van ander ouderlinge, deur die astem van die kerk waaraan hulle behoort, of van die konferensies.

64 Elke priester, leraar of diaken, wat geordineer is deur ’n priester, mag ’n sertifikaat van hom kry op daardie tydstip, welke asertifikaat, wanneer voorgelê aan ’n ouderling, hom die reg sal gee op ’n lisensie, wat hom sal magtig om die pligte van sy roeping uit te voer, of hy mag dit ontvang van ’n konferensie.

65 Geen persoon mag ageordineer word tot enige amp in hierdie kerk, waar daar ’n behoorlik georganiseerde tak van die kerk is, sonder die bstem van daardie kerk nie.

66 Maar die presiderende ouderlinge, reisende biskoppe, hoëraadslede, hoëpriesters, en ouderlinge, mag die voorreg hê om te ordineer waar daar nie ’n tak van die kerk is sodat ’n stemming gehou mag word nie.

67 Elke president van die hoëpriesterskap (of presiderende ouderling), abiskop, hoëraadslid, en bhoëpriester, moet geordineer word onder leiding van ’n choëraad of algemene konferensie.

68 Die aplig van die lede nadat hulle deur die doop ontvang is—Die ouderlinge of priesters moet genoeg tyd hê om alle dinge uit te lê aangaande die kerk van Christus sodat hulle bverstaan, voordat hulle van die cnagmaal gebruik en bevestig word deur die oplegging van dhande van die ouderlinge, sodat alle dinge ordelik gedoen word.

69 En die lede moet aan die kerk, en ook aan die ouderlinge toon, deur ’n goddelike wandel en spraak, dat hulle dit waardig is, sodat daar awerke en geloof mag wees ooreenkomstig die heilige skrifture—wandelend in bheiligheid voor die Here.

70 Elke lid van die kerk van Christus met kinders moet hulle bring na die ouderlinge voor die kerk, wat hulle hande op hulle moet lê in die Naam van Jesus Christus, en hulle aseën in sy Naam.

71 Niemand kan in die kerk van Christus ontvang word tensy hy die ouderdom van atoerekenbaarheid bereik het voor God nie, en in staat is tot bbekering.

72 Die adoop moet bedien word op die volgende wyse aan al diegene wat bekeer—

73 Die persoon wat deur God geroep is en gesag het van Jesus Christus om te doop, sal afgaan in die water saam met die persoon wat homself of haarself aangebied het vir die doop, en sal sê, en hom of haar by die naam noem: In opdrag van Jesus Christus, doop ek u in die Naam van die Vader, en van die Seun, en van die Heilige Gees. Amen.

74 Dan sal hy hom of haar onder die water adompel, en weer uitkom uit die water.

75 Dit is raadsaam dat die kerk dikwels byeenkom om te agebruik van die brood en wyn ter bgedagtenis aan die Here Jesus;

76 En die ouderling of priester sal dit bedien; en volgens hierdie awyse sal hy dit bedien—hy sal kniel saam met die kerk en die Vader aanroep in plegtige gebed, en sê:

77 O God, die Ewige Vader, ons vra U in die Naam van u Seun, Jesus Christus, om hierdie abrood te seën en te heilig aan die siele van al diegene wat daarvan gebruik, dat hulle mag eet ter gedagtenis aan die liggaam van u Seun, en bgetuig voor U, o God, die Ewige Vader, dat hulle gewillig is om cop hulle die Naam van u Seun te neem, en Hom altyd te onthou en sy gebooie te donderhou wat Hy hulle gegee het; sodat hulle altyd sy eGees mag hê om met hulle te wees. Amen.

78 Die awyse van die bediening van die wyn—hy sal ook die bbeker neem, en sê:

79 O God, die Ewige Vader, ons vra U in die Naam van u Seun, Jesus Christus, om hierdie awyn te seën en te heilig aan die siele van al diegene wat daarvan drink, dat hulle dit mag doen ter gedagtenis aan die bloed van u Seun, wat vir hulle gestort is; dat hulle mag getuig voor U, o God, die Ewige Vader, dat hulle Hom altyd onthou, sodat hulle sy Gees mag hê om met hulle te wees. Amen.

80 Enige lid van die kerk van Christus wat oortree, of verras word in ’n oortreding, sal mee gehandel word soos die skrifture vereis.

81 Dit sal die plig wees van die onderskeie kerke, wat die kerk van Christus vorm, om een of meer van hul leraars te stuur om die onderskeie konferensies by te woon wat gehou word deur die ouderlinge van die kerk,

82 Met ’n lys van die aname van die onderskeie lede wat hulle verenig het met die kerk sedert die vorige konferensie; of stuur met ’n priester; sodat ’n volledige lys van al die name van die hele kerk gehou mag word in ’n boek deur een van die ouderlinge, wie ook al die ander ouderlinge sal aanstel van tyd tot tyd;

83 En ook, indien enigeen uit die kerk agewerp is, sodat hulle name uitgewis mag word van die algemene kerkverslag van name.

84 Alle lede wat verhuis van die kerk waar hulle woon, indien hulle gaan na ’n kerk waar hulle nie bekend is nie, mag ’n brief neem wat sertifiseer dat hulle goeie lede is en van onbesproke gedrag, welke sertifikaat geteken mag word deur enige ouderling of priester indien die lid wat die brief ontvang persoonlik bekend is aan die ouderling of priester, of dit mag geteken word deur die leraars of diakens van die kerk.