Skrifture
Leer en Verbonde 56


Afdeling 56

Openbaring gegee deur Joseph Smith die Profeet, te Kirtland, Ohio, 15 Junie 1831. Hierdie openbaring kasty Ezra Thayre omdat hy nie ’n vorige openbaring gehoorsaam het nie (die “gebod” waarna verwys word in vers 8), wat Joseph Smith ontvang het vir hom, wat Thayre opdrag gee aangaande sy pligte op Frederick G. Williams se plaas waar hy gewoon het. Die volgende openbaring herroep ook Thayre se roeping om na Missouri te reis saam met Thomas B. Marsh (sien afdeling 52:22).

1–2, Die Heiliges moet hulle kruis opneem en die Here volg om heil te verkry; 3–13, Die Here gebied en herroep, en die ongehoorsames word uitgewerp; 14–17, Wee die rykes wat nie die armes wil help nie, en wee die armes wie se harte nie gebroke is nie; 18–20, Geseënd is die armes wat rein van hart is, want hulle sal die aarde beërwe.

1 Slaan ag, o julle mense wat my Naam abely, sê die Here julle God; want kyk, my toorn is ontvlam teen die rebelses, en hulle sal my arm ken en my verontwaardiging in die dag van bbesoeking en van woede oor die nasies.

2 En hy wat nie sy akruis wil opneem en My bvolg nie, en my gebooie onderhou nie, hy sal nie gered word nie.

3 Kyk, Ek, die Here, gebied; en hy wat nie wil agehoorsaam nie, sal bafgesny word in my eie bepaalde tyd; nadat Ek gebied het en die gebod verbreek is.

4 Daarom, Ek die Here, gebied en aherroep, soos Ek goeddink; en dit alles sal neerkom op die hoofde van die brebelses, sê die Here.

5 Daarom, Ek herroep die gebod wat gegee is aan my diensknegte aThomas B. Marsh en Ezra Thayre, en gee ’n nuwe gebod aan my dienskneg Thomas, dat hy spoedig sy reis sal onderneem na die land Missouri, en my dienskneg Selah J. Griffin sal ook saam met hom gaan.

6 Want kyk, Ek herroep die gebod wat gegee is aan my diensknegte Selah J, Griffin en Newel Knight, as gevolg van die hardnekkigheid van my volk wat in Thompson is, en hulle rebellies.

7 Daarom, laat my dienskneg Newel Knight by hulle bly; en soveel as wat wil gaan, mag gaan, wat verslae is voor my, en deur hom gelei word na die land wat Ek aangewys het.

8 En verder, voorwaar Ek sê vir julle dat my dienskneg Ezra Thayre moet bekeer van sy ahoogmoed, en van sy selfsug, en die vorige gebod wat Ek aan hom gegee het, gehoorsaam aangaande die plek waar hy woon.

9 En as hy dit sal doen, omdat daar geen verdelings gemaak sal word op hierdie land nie, sal hy aangestel word om nog steeds na die land Missouri te gaan;

10 Andersins sal hy die geld ontvang wat hy betaal het, en sal die plek verlaat, en sal aafgesny word van my kerk, sê die Here God van die leërskare.

11 En alhoewel die hemel en die aarde verbygaan, sal hierdie woorde nie averbygaan nie, maar sal vervul word.

12 En indien my dienskneg Joseph Smith, Jr., die geld noodwendig moet betaal, kyk, Ek, die Here, sal dit weer aan hom terugbetaal in die land Missouri, sodat diegene van wie hy sal ontvang, weer beloon mag word volgens dit wat hulle doen;

13 Want volgens dit wat hulle doen, sal hulle ontvang, naamlik in grond vir hulle erfenis.

14 Kyk, so sê die Here aan my volk—julle het baie dinge om te doen en van te bekeer; want kyk, julle sondes het opgekom na My toe, en is nie vergewe nie, omdat julle soek om araad te gee volgens jul eie weë.

15 En julle harte is nie tevrede nie. En julle gehoorsaam nie die waarheid nie, maar skep abehae in ongeregtigheid.

16 Wee julle aryk manne, wat nie julle besittings aan die barmes wil cgee nie, want julle drykdomme sal julle siele verdorwe; en dit sal julle klaaglied wees in die dag van besoeking, en van oordeel, en van verontwaardiging: Die eoes is verby, die somer het geëindig, en my siel is nie gered nie!

17 Wee julle aarm mense, wie se harte nie gebroke is nie, wie se geeste nie verslae is nie, en wie se mae nie versadig is nie, en wie se hande nie weerhou word om ander mense se goed aan te gryp nie, wie se oë vol bhebsug is, en nie wil arbei met julle eie hande nie!

18 Maar geseënd is die aarmes wat rein van hart is, wie se harte bgebroke is, en wie se geeste berouvol is, want hulle sal die ckoninkryk van God sien kom in krag en groot heerlikheid tot hul bevryding; want die vettigheid van die daarde sal hulle s’n wees.

19 Want kyk, die Here sal kom, en sy avergoeding sal met hom wees, en Hy sal elke mens beloon, en die armes sal hulle verbly.

20 En hulle geslagte sal die aarde abeërwe van geslag tot geslag, vir ewig en ewig. En nou maak Ek ’n einde om tot julle te spreek. Dit is so. Amen.