Skrifture
Leer en Verbonde 114


Afdeling 114

Openbaring gegee deur Joseph Smith die Profeet, te Far West, Missouri, 11 April 1838.

1–2, Kerkampte wat gehou word deur diegene wat nie getrou is nie, sal aan ander gegee word.

1 Voorwaar, so sê die Here: Dit is wysheid in my dienskneg David W. Patten dat hy al sy sake afhandel so gou as hy moontlik kan, en ontslae raak van sy handelsware, sodat hy die volgende lente ’n sending vir My kan vervul, in die geselskap van andere, en wel twaalf, insluitende homself, om te getuig van my Naam en blye tydings uitdra na die hele wêreld.

2 Want voorwaar, so sê die Here, dat in soverre daar diegene onder julle is wat my Naam loën, sal ander in hulle aplek bgeplant word en hulle bisdom ontvang. Amen.