Skrifture
Leer en Verbonde 75


Afdeling 75

Openbaring gegee deur Joseph Smith die Profeet, te Amherst, Ohio, 25 Januarie 1832. Hierdie afdeling bestaan uit twee aparte openbarings (die eerste in verse 1 tot 22 en die tweede in verse 23 tot 36) gegee op dieselfde dag. Die geleentheid was ’n konferensie waartydens Joseph Smith onderskraag en geordineer is as President van die Hoëpriesterskap. Sekere ouderlinge het begeer om meer te leer aangaande hulle onmiddellike pligte. Hierdie openbarings het gevolg.

1–5, Getroue ouderlinge wat die evangelie preek sal die ewige lewe verkry; 6–12, Bid om die Trooster te ontvang wat alle dinge onderrig; 13–22, Ouderlinge sal in oordeel sit oor diegene wat hulle boodskap verwerp; 23–36, Families van sendelinge moet hulp ontvang van die kerk.

1 Voorwaar, voorwaar, Ek sê vir julle, Ek wat spreek en wel deur die astem van my Gees, naamlik bAlfa en Omega, julle Here en julle God—

2 Slaan ag, o julle wat julle name opgegee het om uit te gaan om my evangelie te verkondig, en om my awingerd te bsnoei.

3 Kyk, Ek sê vir julle dat dit my wil is dat julle moet uitgaan en nie talm nie, nóg alui wees, maar arbei met al julle mag—

4 En verhef julle stemme soos met die klank van ’n trompet, en averkondig die bwaarheid volgens die openbarings en gebooie wat Ek julle gegee het.

5 En dus, as julle getrou is, sal julle belaai word met vele agerwe, en bgekroon word met ceer, en dheerlikheid, en eonsterflikheid, en die fewige lewe.

6 Daarom, voorwaar, Ek sê vir my dienskneg William E. McLellin, Ek aherroep die opdrag wat Ek aan hom gegee het om na die oostelike gebiede te gaan;

7 En Ek gee aan hom ’n nuwe opdrag en ’n nuwe gebod, waarin Ek, die Here, hom atugtig vir die bmurmurerings van sy hart;

8 En hy het gesondig; nietemin, Ek vergewe hom en sê weer aan hom, Gaan jy na die suidelike gebiede.

9 En laat my dienskneg Luke Johnson saam met hom gaan, en die dinge verkondig wat Ek hulle gebied het—

10 En die Naam van die Here aanroep vir die aTrooster, wat hulle alle dinge sal leer wat raadsaam is vir hulle—

11 Altyd abiddend dat hulle nie moed verloor nie; en in soverre hulle dit doen, sal Ek met hulle wees en wel tot die einde.

12 Kyk, dit is die wil van die Here jou God aangaande jou. Dit is so. Amen.

13 En verder, voorwaar, so sê die Here, laat my dienskneg aOrson Hyde en my dienskneg bSamuel H. Smith hulle reis onderneem na die oostelike gebiede, en die dinge verkondig wat Ek hulle gebied het; en in soverre hulle getrou is, sien, Ek sal cmet hulle wees en wel tot die einde.

14 En verder, voorwaar Ek sê vir my dienskneg Lyman Johnson, en aan my dienskneg aOrson Pratt, hulle sal ook hulle reis onderneem na die oostelike gebiede; en kyk, en sien, Ek is ook met hulle, en wel tot die einde.

15 En verder, Ek sê vir my dienskneg Asa Dodds, en aan my dienskneg Calves Wilson, dat hulle ook hulle reis sal onderneem na die westelike gebiede, en my evangelie verkondig, soos Ek hulle gebied het.

16 En hy wat getrou is sal alle dinge oorwin, en sal averhef word op die laaste dag.

17 En verder, Ek sê vir my dienskneg Major N. Ashley, en my dienskneg Burr Riggs, laat hulle ook hul reis onderneem na die suidelike gebied.

18 Ja, laat al diegene hulle reis onderneem, soos Ek hulle gebied het, en gaan van huis tot huis, en van dorp tot dorp, en van stad tot stad.

19 En welke huis julle binnegaan, en hulle ontvang julle, laat julle seëning op daardie huis.

20 En welke huis julle binnegaan, en hulle ontvang julle nie, sal julle spoedig van daardie huis vertrek, en die stof van julle voete aafskud as ’n getuienis teen hulle.

21 En julle sal vervul wees met avreugde en blydskap; en weet dit, dat op die dag van oordeel sal julle bregters wees van daardie huis, en hulle veroordeel;

22 En dit sal meer draaglik wees vir die heidene op die dag van oordeel as vir daardie huis; daarom, aomgord julle lendene en wees getrou, en julle sal alle dinge oorwin, en verhef word op die laaste dag. Dit is so. Amen.

23 En verder, so sê die Here aan julle, o julle ouderlinge van my kerk, wat julle name opgegee het sodat julle sy wil aangaande julle mag weet—

24 Kyk, Ek sê vir julle, dat dit die plig is van die kerk om te help om die families van diegene te onderhou, en ook om die families te onderhou van diegene wat geroep is en noodwendig gestuur moet word aan die wêreld om die evangelie te verkondig aan die wêreld.

25 Daarom, Ek, die Here, gee aan julle hierdie gebod, dat julle plekke bekom vir julle families, in soverre julle broers gewillig is om hulle harte te open.

26 En laat al diesulkes wat plekke kan bekom vir hulle families, en onderhoud van die kerk vir hulle, nie faal om in die wêreld te gaan nie, hetsy na die ooste of na die weste, of na die noorde, of na die suide.

27 Laat hulle vra, en hulle sal ontvang, klop en dit sal vir hulle oopgemaak word, en van omhoog bekendgemaak word, en wel deur die aTrooster, waarheen hulle sal gaan.

28 En verder, voorwaar Ek sê vir julle, dat elkeen wat verplig is om te avoorsien vir sy eie bfamilie, laat hom voorsien, en hy sal geensins sy kroon verloor nie; en laat hom arbei in die kerk.

29 Laat elkeen aywerig wees in alle dinge. En die bluiaard sal nie plek hê in die kerk nie, tensy hy bekeer en sy weë verander.

30 Daarom, laat my dienskneg Simeon Carter en my dienskneg Emer Harris verenig wees in die bediening;

31 En ook my dienskneg Ezra Thayre en my dienskneg aThomas B. Marsh;

32 Ook my dienskneg Hyrum Smith en my dienskneg Reynolds Cahoon;

33 En ook my dienskneg Daniel Stanton en my dienskneg Seymour Brunson;

34 En ook my dienskneg Sylvester Smith en my dienskneg Gideon Carter;

35 En ook my dienskneg Ruggles Eames en my dienskneg Stephen Burnett;

36 En ook my dienskneg Micah B. Welton en ook my dienskneg Eden Smith. Dit is so. Amen.