Skrifture
Leer en Verbonde 108


Afdeling 108

Openbaring gegee deur Joseph Smith die Profeet, te Kirtland, Ohio, 26 Desember 1835. Hierdie gedeelte is ontvang op versoek van Lyman Sherman wat vroeër as ’n sewentig geordineer is en wat na die Profeet gekom het met ’n versoek om ’n openbaring om sy plig bekend te maak.

1–3, Lyman Sherman vergewe van sy sondes; 4–5, Hy sal gereken word met die leidingewende ouderlinge van die Kerk; 6–8, Hy word geroep om die evangelie te predik en sy broers te versterk.

1 Voorwaar so sê die Here, aan jou, my dienskneg Lyman: Jou sondes is jou vergewe, omdat jy my stem gehoorsaam het om vanoggend op te kom hierheen om raad te ontvang van hom wat Ek aangestel het.

2 Daarom, laat jou siel arus aangaande jou geestelike stand, en moenie meer my stem teenstaan nie.

3 En staan op en wees voortaan meer versigtig in die nakoming van jou geloftes, wat jy gemaak het en maak, en jy sal geseën word met uitermate groot seëninge.

4 Wag geduldig tot die aplegtige samekoms van my diensknegte byeengeroep word, dan sal jy onthou word met die eerste van my ouderlinge, en reg deur ordinering ontvang saam met die res van my ouderlinge wat Ek gekies het.

5 Kyk, dit is die abelofte van die Vader aan jou indien jy getrou volhard.

6 En dit sal op jou vervul word op daardie dag dat jy die reg sal hê om my evangelie te apredik waarheen Ek jou ook al sal stuur, vanaf daardie tyd.

7 Daarom, aversterk jou broers in al jou gesprekke, in al jou gebede, in al jou vermanings, en in al jou dade.

8 En kyk en sien, Ek is met jou om jou te seën en averlos vir ewig. Amen.