Skrifture
Leer en Verbonde 16


Afdeling 16

Openbaring gegee deur Joseph Smith die Profeet aan Peter Whitmer Jr., te Fayette, New York, Junie 1829 (sien die opskrif van afdeling 14). Peter Whitmer Jr. het later een van die Agt Getuies van die Boek van Mormon geword.

1–2, Die Here se arm is oor die hele aarde; 3–6, Om die evangelie te predik en siele te red is die ding van die meeste waarde.

1 aSlaan ag, my dienskneg Peter, en luister na die woorde van Jesus Christus, jou Here en jou Verlosser.

2 Want kyk, Ek spreek tot jou met skerpheid en met krag, want my arm is oor die hele aarde.

3 En Ek sal vir jou dit vertel wat niemand weet nie, behalwe Ek en jy alleen—

4 Want baie keer het jy begeer om van My te weet dit wat van die meeste waarde sou wees vir jou.

5 Kyk, geseënd is jy vanweë hierdie saak, en omdat jy die woorde gespreek het wat Ek jou gegee het volgens my gebooie.

6 En nou, kyk, Ek sê vir jou, dat dit wat van die meeste waarde sal wees vir jou sal wees om bekering te verkondig aan hierdie volk, sodat jy siele mag bring na My, sodat jy mag rus met hulle in die koninkryk van my Vader. Amen.

      • Sien L&V 15 vir soortgelyke kruisverwysings.