Skrifture
Leer en Verbonde 62


Afdeling 62

Openbaring gegee deur Joseph Smith die Profeet, op die oewer van die Missouri-rivier te Chariton, Missouri, 13 Augustus 1831. Op hierdie dag het die Profeet en sy groep, wat onderweg was van Independence na Kirtland, verskeie ouderlinge ontmoet wat onderweg was na die land Sion, en, na vreugdevolle begroetinge, hierdie openbaring ontvang.

1–3, Getuienisse word in die hemel opgeteken; 4–9, Die ouderlinge moet reis en preek volgens oordeel en soos aangewys deur die Gees.

1 Kyk, en slaan ag, o julle ouderlinge van my kerk, sê die Here julle God, naamlik Jesus Christus, julle aVoorspraak, wat die swakheid van die mens ken en hoe om hulle te bhelp wat cversoek word.

2 En voorwaar, my oë is op diegene wat nog nie opgegaan het na die land Sion nie; daarom is julle sending nog nie vervul nie.

3 Nietemin, julle is geseënd, want die agetuienis wat julle gelewer het, is bopgeteken in die hemel vir die engele om te lees; en hulle verbly hulle oor julle, en julle csondes is jul vergewe.

4 En nou, gaan voort met julle reis. Versamel julleself op die land aSion; en hou ’n vergadering en verbly julle tesame, en offer ’n sakrament aan die Allerhoogste.

5 En dan mag julle terugkeer om getuienis te lewer, ja, en wel altesame, of twee-twee, soos julle goeddink, dit maak nie vir My saak nie; maar wees net getrou, en averkondig blye tydings aan die bewoners van die aarde, of onder die gemeentes van die bose.

6 Kyk, Ek, die Here, het julle byeengebring sodat die belofte vervul mag word, dat die getroues onder julle bewaar moet word en hul saam verbly in die land Missouri. Ek, die Here, belowe die getroues en kan nie alieg nie.

7 Ek, die Here, is gewillig, as enige onder julle begeer om op perde te ry, of op muile, of in waens, hy hierdie seëning sal ontvang, indien hy dit van die hand van die Here ontvang, met ’n adankbare hart in alle dinge.

8 Hierdie dinge berus by julle om te doen volgens oordeel en aanwysings van die Gees.

9 Kyk, die akoninkryk is julle s’n. En kyk, en sien, Ek is altyd bmet die getroues. Dit is so. Amen.