Skrifture
Leer en Verbonde 109


Afdeling 109

Gebed gedoen tydens die toewyding van die tempel te Kirtland, Ohio, 27 Maart 1836. Volgens die Profeet se geskrewe verklaring is hierdie gebed aan hom gegee deur openbaring.

1–5, Die Kirtland Tempel is gebou as ’n plek vir die Seun van die Mens om te besoek; 6–21, Dit moet ’n huis van gebed, vas, geloof, geleerdheid, heerlikheid, en orde wees, en ’n huis van God; 22–33, Mag die onbekeerdes wat die Here se volk teenstaan, verwar word; 34–42, Mag die Heiliges in mag uitgaan om die regverdiges na Sion te versamel; 43–53, Mag die Heiliges verlos word van die vreeslike dinge wat uitgestort sal word op die bose in die laaste dae; 54–58, Mag nasies en volke en kerke voorberei word vir die evangelie; 59–67, Mag die Jode, die Lamaniete, en die hele Israel verlos word; 68–80, Mag die Heiliges gekroon word met heerlikheid en eer en ewige heil verkry.

1 aDank sy aan u Naam, o Here God van Israel, wat die bverbond nakom en barmhartigheid toon aan u diensknegte wat opreg voor U wandel, met hul hele harte—

2 U wat u diensknegte gebied het om ’n huis te abou vir u Naam in hierdie plek [Kirtland].

3 En nou sien U, o Here, dat u diensknegte opgetree het ooreenkomstig u gebod.

4 En nou vra ons U, Heilige Vader, in die naam van Jesus Christus, die Seun van u boesem, in wie se Naam alleen heil bedien kan word aan die kinders van mense, ons vra U, o Here, om hierdie ahuis te aanvaar, die bwerkmanskap van die hande van ons, u diensknegte, wat U ons gebied het om te bou.

5 Want U weet dat ons hierdie werk gedoen het onder groot beproewing; en in ons armoede het ons van ons besittings gegee om ’n ahuis te bou tot u Naam, sodat die Seun van die Mens ’n plek mag hê om homself aan sy volk te openbaar.

6 En soos U gesê het in ’n aopenbaring, gegee aan ons, en ons U vriende genoem het, en sê—Roep julle plegtige samekoms byeen, soos Ek julle gebied het;

7 En aangesien nie almal geloof het nie, soek julle ywerig en onderrig mekaar die woorde van wysheid; ja, soek julle uit die beste boeke woorde van wysheid; soek geleerdheid en wel deur studie en ook deur geloof;

8 Organiseer julleself; berei elke noodsaaklike ding; en vestig ’n huis, naamlik ’n huis van gebed, ’n huis van vas, ’n huis van geloof, ’n huis van geleerdheid, ’n huis van heerlikheid, ’n huis van orde, ’n huis van God;

9 Sodat julle ingange in die Naam van die Here mag wees; dat julle uitgange in die Naam van die Here mag wees; sodat al julle begroetinge in die Naam van die Here mag wees, met hande omhoog gelig na die Allerhoogste—

10 En nou, Heilige Vader, ons vra U om ons by te staan, u volk, met u genade, wanneer ons plegtige samekoms byeengeroep word, sodat dit gedoen mag word tot u eer en vir u goddelike aanvaarding;

11 En op ’n wyse dat ons waardig bevind mag word, in u oë, om ’n vervulling te verkry van die abeloftes wat U aan ons gemaak het, u volk, in die openbarings aan ons gegee;

12 Sodat u aheerlikheid op u volk mag neerdaal en rus, en op hierdie, u huis, wat ons nou aan U toewy, sodat dit geheilig en toegewy mag word om heilig te wees, en dat u heilige teenwoordigheid voortdurend in hierdie huis mag wees;

13 En sodat al die mense wat die drumpel van die Here se huis binnegaan u mag kan voel, en gedwing voel om te erken dat U dit geheilig het, en dat dit u huis is, ’n plek van u heiligheid.

14 En wil U gee, Heilige Vader, dat al diegene wat in hierdie huis sal aanbid, woorde van wysheid geleer mag word uit die beste boeke, en dat hulle geleerdheid mag soek en wel deur studie, en ook deur geloof, soos U gesê het;

15 En dat hulle in U mag grootword, en ’n volheid van die Heilige Gees mag ontvang, en georganiseer word volgens u wette, en gereed wees om elke noodsaaklike ding te verkry.

16 En dat hierdie huis ’n huis van gebed, ’n huis van vas, ’n huis van geloof, ’n huis van geleerdheid, ’n huis van heerlikheid, ’n huis van orde, ’n huis van God mag wees, en wel u huis;

17 Sodat al die ingange van u volk, in hierdie huis, in die Naam van die Here mag wees;

18 En dat hulle uitgange van hierdie huis in die Naam van die Here mag wees;

19 En dat al hulle begroetinge in die Naam van die Here mag wees, met heilige hande omhoog gelig na die Allerhoogste;

20 En dat geen aonrein ding toegelaat sal word om in u huis te kom om dit te besoedel nie;

21 En wanneer u volk oortree, enigeen van hulle, mag hulle spoediglik bekeer en terugkeer na U, en guns vind in u oë, en herstel word tot die seëninge wat U geordineer het om uitgestort te word op diegene wat U sal aeerbiedig in u huis.

22 En ons vra U, Heilige Vader, dat u diensknegte vanaf hierdie huis mag uitgaan, bewapen met u mag, en dat u Naam op hulle mag wees, en u heerlikheid rondom hulle wees, en u aengele opdrag hê aangaande hulle;

23 En vanaf hierdie plek mag hulle uitermate groot en wonderlike tydings dra, in waarheid, tot die aeindes van die aarde, dat hulle mag weet dat dit u werk is, en dat U u hand uitgestrek het, om dít te vervul wat U gespreek het by monde van die profete, aangaande die laaste dae.

24 Ons vra U, Heilige Vader, om die volk te vestig wat sal aanbid, en eerbaar ’n naam en posisie in hierdie u huis te behou, tot alle geslagte en vir ewigheid;

25 Dat geen wapen wat teen hulle agevorm word, sal slaag nie; dat hy wat ’n bkuil grawe vir hulle self daarin sal val;

26 Sodat geen sameswering van boosheid mag sal hê om op te staan en u volk te aoorwin op wie u bNaam geplaas sal word in hierdie huis nie.

27 En indien enige volk sal opstaan teen hierdie volk, dat u toorn teen hulle sal ontvlam;

28 En as hulle hierdie volk sal slaan, sal U hulle slaan; U sal veg vir u volk soos U gedoen het in die tye van oorlog, sodat hulle bevry mag word van die hande van al hulle vyande.

29 Ons vra U, Heilige Vader, om al diegene wat leuenagtige berigte oor u diensknegte oral oor die wêreld versprei het, te verneder, en te verbaas, en om skande en verwarring te bring, indien hulle nie bekeer wanneer die ewigdurende evangelie in hulle ore verkondig sal word nie;

30 En dat al hulle werke tot niet gemaak mag word, en weggevee word deur die ahael, en deur die oordele wat U oor hulle sal stuur in u toorn, sodat daar ’n einde mag wees aan bleuens en lasterings teen u volk.

31 Want U weet, o Here, dat u diensknegte onskuldig voor U was om getuienis te lewer van u Naam, waarvoor hulle hierdie dinge gely het.

32 Daarom pleit ons voor U vir ’n volle en algehele bevryding van onder hierdie ajuk;

33 Breek dit af, o Here, breek dit af vanaf die nekke van u diensknegte, deur u mag, sodat ons mag opstaan te midde van hierdie geslag en u werk doen.

34 O Jehova, wees barmhartig teenoor hierdie volk, en omdat alle mense asondig, vergewe die oortredings van u volk, en laat hulle vir ewig uitgewis word.

35 Laat die asalwing van u dienaars op hulle verseël word met mag van omhoog.

36 Laat dit vervul word op diegene, soos op diegene op die dag van Pinkster; laat die gawe van atonge uitgestort word op u volk, naamlik bgesplete tonge soos van vuur, en die uitlegging daarvan.

37 En laat u huis gevul word, soos met ’n geweldige sterk wind, met u aheerlikheid.

38 Plaas op u diensknegte die agetuienis van die verbond, sodat wanneer hulle uitgaan en u woord verkondig, hulle die wet mag bverseël, en die harte van u heiliges voorberei vir al daardie oordele wat U binnekort sal stuur, in u toorn, op die inwoners van die caarde, vanweë hulle oortredings, sodat u volk nie mag moedeloos word op die dag van moeilikheid nie.

39 En welke stad u diensknegte sal binnegaan, en die mense van daardie stad ontvang hulle getuienis, laat u vrede en u heil op daardie stad wees; sodat hulle uit daardie stad die regverdiges mag versamel, sodat hulle mag uitkom na aSion, of na haar penne, die plekke van U aanwysing, met liedere van ewigdurende vreugde;

40 En tot dit volbring is, laat nie u oordele op daardie stad val nie.

41 En welke stad u diensknegte sal binnegaan, en die mense van daardie stad neem nie die getuienis van u diensknegte aan nie, en u diensknegte waarsku hulle om hulself te red van hierdie verdraaide geslag, laat dit op daardie stad wees volgens dit wat U gespreek het by monde van u profete.

42 Maar verlos U, o Jehova, ons smeek U, u diensknegte uit hulle hande, en reinig hulle van hulle bloed.

43 O Here, ons skep nie behae in die vernietiging van ons medemense nie; hulle asiele is kosbaar voor U;

44 Maar u woord moet vervul word. Help u diensknegte om te sê, met u agenade wat hulle bystaan: U wil geskied, o Here, en nie ons s’n nie.

45 Ons weet dat U verskriklike dinge gespreek het by monde van u profete aangaande die bose in die alaaste dae—dat U u oordele sal uitstort, sonder maat.

46 Daarom, o Here, verlos u volk van die rampspoed van die bose; stel u diensknegte in staat om die wet te verseël, en die getuienis toe te bind, sodat hulle voorbereid mag wees op die dag van verbranding.

47 Ons vra U, Heilige Vader, om diegene te onthou wat verdryf is deur die inwoners van Jackson-distrik, Missouri, van die lande van hulle erfenis, en breek af, o Here, hierdie juk van verdrukking wat op hulle geplaas is.

48 U weet, o Here, dat hulle baie onderdruk en verdruk is deur goddelose mense; en ons harte aloop oor van verdriet vanweë hulle sware laste.

49 O Here, ahoe lank sal U toelaat dat hierdie volk hierdie verdrukking ly, en die geroep van hulle onskuldiges opstyg in u ore, en hulle bbloed opkom in getuienis voor U, en nie ’n vertoon maak van u getuienis om hul ontwil nie?

50 Toon abarmhartigheid, o Here, teenoor die goddelose bende wat u volk verdryf het, sodat hulle mag ophou om te plunder, sodat hulle mag bekeer van hulle sondes indien bekering te vinde is;

51 Maar indien hulle nie wil nie, ontbloot u arm, o Here, en averlos dit wat U aangewys het as ’n Sion vir u volk.

52 En as dit nie anders kan wees nie, sodat die saak van u volk nie mag faal voor U nie, mag u toorn ontvlam, en u verontwaardiging op hulle val, sodat hulle mag wegkwyn, beide wortel en tak, van onder die hemel;

53 Maar in soverre hulle sal bekeer, is U barmhartig en goedertierend, en sal u toorn wegkeer wanneer U kyk na die aangesig van u Gesalfde.

54 Toon barmhartigheid, o Here, teenoor al die nasies van die aarde, toon barmhartigheid teenoor al die heersers van ons land; mag daardie beginsels, wat so eervol en edelmoedig verdedig is, naamlik, die aGrondwet van ons land, deur ons vaders, vir ewig gevestig word.

55 Onthou die konings, die prinse, die adellikes, en die grotes van die aarde, en alle mense, en die kerke, al die armes, die behoeftiges, en verdruktes van die aarde;

56 Dat hulle harte versag mag word wanneer u diensknegte sal uitgaan van u huis, o Jehova, om getuienis te lewer van u Naam; sodat hulle vooroordele mag wyk voor die awaarheid, en u volk guns mag vind in die oë van almal;

57 Sodat al die eindes van die aarde mag weet dat ons, u diensknegte, u stem agehoor het, en dat U ons gestuur het;

58 Sodat vanuit al hierdie, u diensknegte, die seuns van Jakob, die regverdiges mag versamel om ’n heilige stad vir u Naam te bou, soos U hulle gebied het.

59 Ons vra U om ander apenne vir Sion aan te dui buiten hierdie een wat U aangedui het, sodat die bversameling van u volk mag voortrol in groot krag en majesteit, sodat u werk ckortgeknip mag word in regverdigheid.

60 Nou hierdie woorde, o Here, het ons voor U gespreek, aangaande die openbarings en gebooie wat U aan ons gegee het, wat as anie-Jode beskou word.

61 Maar U weet dat U ’n groot liefde het vir die kinders van Jakob, wat op die berge verstrooi is vir ’n lang tyd, op ’n dag van wolke en donkerheid.

62 Ons vra U daarom om barmhartig te wees teenoor die kinders van Jakob, sodat aJerusalem, vanaf hierdie uur, mag begin om verlos te word;

63 En die juk van slawerny mag begin om afgebreek te word van die huis van aDawid;

64 En die kinders van aJuda mag begin om terug te keer na die blande wat u aan Abraham gegee het, hulle vader.

65 En laat die aoorblyfsel van Jakob, wat vervloek en geslaan is vanweë hulle oortreding, bbekeer word van hulle wilde en onbeskaafde toestand tot die volheid van die ewigdurende evangelie;

66 Sodat hulle hul wapens van bloedvergieting mag neerlê, en hul rebellies staak.

67 En mag die verstrooide oorblyfsels van aIsrael, wat verdryf is tot die eindes van die aarde, kom tot ’n kennis van die waarheid, in die Messias glo, en verlos word van onderdrukking, en hulle voor U verbly.

68 O Here, onthou u dienskneg, Joseph Smith, Jr., en al sy verdrukkings en vervolgings—hoe hy averbonde gesluit het met bJehova, o Magtige God van Jakob—en ’n gelofte met U aangegaan het—en die gebooie wat U aan hom gegee het, en dat hy opreg gestreef het om u wil te doen.

69 Toon barmhartigheid, o Here, teenoor sy vrou en kinders, sodat hulle verhef mag word in u teenwoordigheid, en bewaar word deur u versorgende hand.

70 Toon barmhartigheid teenoor al hulle anabye verwante, sodat hulle vooroordele opgebreek mag word en weggevee word soos deur ’n vloed; sodat hulle bekeer en verlos mag word met Israel, en weet dat U God is.

71 Onthou, o Here, die presidente, en wel al die presidente van u kerk, sodat u regterhand hulle mag verhef, met al hulle families, en hulle nabye verwante, sodat hulle name mag voortbestaan en in ewigdurende herinnering van geslag tot geslag gehou word.

72 Onthou u hele kerk, o Here, met al hulle families, en al hulle nabye verwante, met al hulle siekes en verdruktes, met al die armes en sagmoediges van die aarde; sodat die akoninkryk wat U opgerig het sonder hande, ’n groot berg mag word en die hele aarde vul;

73 Sodat u kerk mag uitkom uit die wildernis van duisternis, en uitstraal, mooi soos die amaan, en helder soos die son, en verskriklik soos ’n leër met baniere;

74 En versier wees soos ’n bruid vir daardie dag wat U die hemele sal ontsluier, en die berge aafvloei vanweë u teenwoordigheid, en die bvalleie verhoog word, die growwe plekke gelykgemaak word; sodat u heerlikheid die aarde mag vul;

75 Sodat wanneer die trompet sal klink vir die dode, ons aopgeneem sal word in die wolk om U te ontmoet, sodat ons vir ewig by die Here mag wees.

76 Sodat ons kleding rein mag wees, sodat ons geklee mag wees in aklede van regverdigheid, met palms in ons hande, en bkrone van heerlikheid op ons hoofde, en ewige cvreugde ontvang vir al ons dontberings.

77 O Here God Almagtig, hoor ons in hierdie ons pleidooie, en antwoord ons vanuit die hemel, u heilige woning, waar U op u troon sit, met aheerlikheid, eer, krag, majesteit, mag, heerskappy, waarheid, geregtigheid, oordeel, barmhartigheid, en ’n oneindige volheid, van ewigdurendheid tot ewigdurendheid.

78 O hoor, o hoor, o hoor ons, o Here! En antwoord hierdie pleidooie, en ontvang die toewyding van hierdie huis vir U, die werk van ons hande, wat ons gebou het vir u Naam;

79 En ook hierdie kerk, op u Naam daarop te plaas. En help ons deur die mag van u Gees, sodat ons ons stemme mag vermeng met daardie helder, astralende serafs rondom u troon, met uitroepe van lofprysing, en Hosanna tot God en die bLam sing!

80 En laat hierdie, u gesalfdes, abeklee wees met heil, en u heiliges hardop met vreugde uitroep. Amen en Amen.