Studiehulp
Verbond


Verbond

’n Ooreenkoms tussen God en die mens, maar hulle tree nie as gelykes op in die ooreenkoms nie. God stel die voorwaardes van die verbond en die mens stem toe om te doen wat Hy hulle vra om te doen. God belowe dan sekere seëninge aan die mens vir hulle gehoorsaamheid.

Beginsels en ordinansies word ontvang deur middel van ’n verbond. Lede van die Kerk wat sulke verbonde sluit, belowe om hulle na te kom. Byvoorbeeld, lede sluit ’n verbond met die Here by die doop en hernu daardie verbond deur die nagmaal te gebruik. Hulle sluit verdere verbonde in die tempel. Die Here se volk is ’n verbondsvolk en word ryklik geseën as hulle hul verbonde met die Here nakom.