Studiehulp
Samaría


Samaría

In die Ou Testament, die hoofstad van die noordelike koninkryk van Israel (1 Kon. 16:23–24). Vanweë sy sterk militêre posisie op ’n heuwel, kon die Assiriërs dit eers in besit neem na ’n beleg van drie jaar (2 Kon. 17:5–6). Herodes het dit herbou en het dit Sebaste genoem. In Nuwe Testamentiese tye was Samaría die naam van die hele sentrale distrik van Palestina wes van die Jordaan.