Studiehulp
Hemel


Hemel

Die term hemel het twee basiese betekenisse in die skrifture (1) Dit is die plek waar God woon en die toekomstige woning van die Heiliges (Gén. 28:12; Ps. 11:4; Matt. 6:9). (2) Dit is die uitspansel rondom die aarde (Gén. 1:1, 17; Ex. 24:10). Die hemel is duidelik nie die paradys nie, wat die tydelike plek is vir die getroue geeste van diegene wat op hierdie aarde geleef en gesterf het. Jesus het die paradys besoek na sy dood op die kruis, maar op die derde dag het Hy vir Maria ingelig dat Hy nog nie na die Vader gegaan het nie (Lk. 23:39–44; Joh. 20:17; L&V 138:11–37).