Studiehulp
Helaman, Seun van Helaman


Helaman, Seun van Helaman

’n Profeet en kroniekskrywer in die Boek van Mormon wat die Nefitiese volk geleer het. Hy was die kleinseun van Alma die Jongere en vader van dié Nefi wat mag gegee is oor al die elemente. Saam met sy seun, Nefi, het Helaman die boek van Helaman geskryf.

Die boek van Helaman

Hoofstukke 1–2 beskryf ’n tyd van groot politieke opruiery. Hoofstukke 3–4 teken aan dat Helaman en Moroniha, hoofkaptein van die Nefitiese leërs, uiteindelik in staat was om vir ’n tyd vrede te bereik. Nogtans, ten spyte van die leierskap van hierdie goeie manne het die volk stelselmatig goddeloser geword. In Helaman 5:1–6:14 het Nefi die regterstoel prysgegee soos sy grootvader, Alma, gedoen het om die volk te leer. Vir ’n tyd lank het die mense bekeer. In Helaman 6:15–12:26 het die Nefitiese nasie egter goddeloos geword. Die finale hoofstukke, 13–16, bevat die buitengewone verslag van ’n profeet genoem Samuel, die Lamaniet, wat die geboorte en Kruisiging van die Saligmaker voorspel het, en die tekens wat daardie gebeurtenisse sou kenmerk.