Skrifture
Helaman 1


Die Boek van Helaman

’n Kroniek van die Nefiete. Hul oorloë en twiste, en hul onenighede. En ook die profesieë van baie heilige profete, voor die koms van Christus, volgens die kronieke van Helaman, wat die seun van Helaman was, en ook volgens die kronieke van sy seuns, en wel tot by die koms van Christus. En ook baie van die Lamaniete word bekeer. ’n Kroniek van hul bekering. ’n Kroniek van die regverdigheid van die Lamaniete, en die boosheid en gruwels van die Nefiete, volgens die kroniek van Helaman en sy seuns, en wel tot by die koms van Christus, wat die boek van Helaman genoem word, ensovoorts.

Hoofstuk 1

Pahoran die tweede word hoofregter en word vermoor deur Kiskumen—Pacumeni beklee die regterstoel—Coriantumr lei die Lamanitiese leërs, verower Zarahemla, en dood Pacumeni—Moroniha verslaan die Lamaniete en herower Zarahemla, en Coriantumr word gedood. Ongeveer 52–50 v.C.

1 En nou kyk, dit het gebeur aan die begin van die veertigste jaar van die heerskappy van die regters oor die volk van Nefi, het daar ernstige probleme onder die volk van die Nefiete gekom.

2 Want kyk, aPahoran het gesterwe, en die weg van die ganse aarde gegaan; daarom het daar ’n ernstige twis begin aangaande wie die regterstoel moes hê onder die broers, wat die seuns van Pahoran was.

3 Nou, hierdie is hul name wat gewedywer het om die regterstoel, wat ook die volk laat wedywer het: Pahoran, Paänchi en Pacumeni.

4 Nou hierdie is nie al die seuns van Pahoran nie (want hy het baie gehad), maar hierdie is hulle wat gewedywer het om die regterstoel; daarom, hulle het drie verdelings onder die volk veroorsaak.

5 Nogtans, dit het gebeur dat Pahoran aangestel is deur die astem van die volk om hoofregter te wees en ’n goewerneur oor die volk van Nefi.

6 En dit het gebeur dat Pacumeni, toe hy sien dat hy nie die regterstoel kon verkry nie, het hy hom verenig met die stem van die volk.

7 Maar kyk, Paänchi, en daardie gedeelte van die volk wat begerig was dat hy hul goewerneur moes wees, was uitermate vertoornd; daarom, hy het op die punt gestaan om met vleitaal daardie mense te verlei om op te staan in rebellie teen hulle broers.

8 En dit het gebeur terwyl hy op die punt gestaan het om dit te doen, kyk, hy is geneem en verhoor volgens die stem van die volk, en veroordeel tot die dood; want hy het opgestaan in rebellie en gesoek om die avryheid van die volk te vernietig.

9 Nou, toe daardie mense wat begerig was dat hy hul goewerneur moes wees, sien dat hy veroordeel is tot die dood, daarom was hulle kwaad, en kyk, hulle het ene Kiskumen uitgestuur, sover as tot by die regterstoel van Pahoran, en het Pahoran vermoor terwyl hy op die regterstoel gesit het.

10 En hy is agternagesit deur die diensknegte van Pahoran; maar kyk, so vinnig was die vlug van Kiskumen dat geen mens hom kon inhaal nie.

11 En hy het na diegene gegaan wat hom gestuur het, en hulle het almal ’n verbond gesluit, ja, en gesweer by hulle ewigdurende Maker, dat hulle geen mens sou vertel dat Kiskumen vir Pahoran vermoor het nie.

12 Daarom, Kiskumen was nie bekend onder die volk van Nefi nie, want hy was vermom ten tyde dat hy vir Pahoran vermoor het. En Kiskumen en sy bende, wat met hom ’n verbond gesluit het, het hulleself met die mense vermeng, op ’n wyse dat hulle almal nie gevind kon word nie; maar soveel as wat gevind is, is veroordeel tot die adood.

13 En nou kyk, Pacumeni is aangestel, volgens die stem van die volk, om ’n hoofregter en ’n goewerneur oor die volk te wees, om te heers in die plek van sy broer Pahoran; en dit was volgens sy reg. En dit alles is gedoen in die veertigste jaar van die heerskappy van die regters; en dit het ’n einde gehad.

14 En dit het gebeur in die een en veertigste jaar van die heerskappy van die regters, dat die Lamaniete ’n ontelbare leër van manne bymekaargemaak het, en hulle bewapen het met swaarde, en met sabels en met boë, en met pyle, en met helms, en met borsplate, en met allerlei skilde van elke soort.

15 En hulle het weer afgekom dat hulle mag stryd voer teen die Nefiete. En hulle is gelei deur ’n man wie se naam Coriantumr was; en hy was ’n afstammeling van Zarahemla; en hy was ’n afvallige van die Nefiete; en hy was ’n groot en ’n magtige man.

16 Daarom het die koning van die Lamaniete, wie se naam Tubalot was, wat die seun was van aAmmoron, veronderstel dat Coriantumr, omdat hy ’n magtige man was, kon staan teen die Nefiete, met sy krag en ook met sy groot wysheid, in soverre dat deur hom uit te stuur hy mag sou bekom oor die Nefiete—

17 Daarom het hy hulle opgestook tot toorn, en hy het sy leërs bymekaargemaak, en hy het Coriantumr aangestel om hulle leier te wees, en hulle laat marsjeer na die land Zarahemla om te veg teen die Nefiete.

18 En dit het gebeur dat vanweë soveel twis en soveel probleme in die regering, dat hulle nie voldoende wagte aangehou het in die land Zarahemla nie; want hulle het veronderstel dat die Lamaniete nie durf waag om in die hart van hulle lande te kom om daardie groot stad Zarahemla aan te val nie.

19 Maar dit het gebeur dat Coriantumr gemarsjeer het aan die hoof van sy groot leër, en afgekom het op die inwoners van die stad, en hul opmars was met sulke uitermate groot spoed, dat daar geen tyd was vir die Nefiete om hulle talryke leërskare bymekaar te maak nie.

20 Daarom het Coriantumr die wag neergevel by die ingang van die stad, en het marsjeer met sy hele leër in die stad in, en hulle het elkeen gedood wat hulle weerstaan het, in soverre dat hulle besit geneem het van die hele stad.

21 En dit het gebeur dat Pacumeni, wat die hoofregter was, uitgevlug het voor Coriantumr, tot by die mure van die stad. En dit het gebeur dat Coriantumr hom teen die muur geslaan het, in soverre dat hy gesterf het. En so het die dae van Pacumeni geëindig.

22 En nou, toe Coriantumr sien dat hy in besit was van die stad Zarahemla, en sien dat die Nefiete voor hulle gevlug het, en gedood is, en geneem is, en in die gevangenis gewerp is, en dat hy die besit verkry het van die sterkste vesting in die hele land, het sy hart moed geskep in soverre dat hy op die punt gestaan het om uit te gaan teen die hele land.

23 En nou het hy nie vertoef in die land Zarahemla nie, maar hy het gemarsjeer met ’n groot leër, en wel na die stad Oorvloed; want dit was sy voorneme om uit te gaan en sy pad oop te sny met die swaard, sodat hy die noordelike dele van die land mag verkry.

24 En, veronderstellend dat hulle grootste krag in die middel van die land was, daarom het hy gemarsjeer, en hulle geen tyd gegun om hulself bymekaar te maak nie, behalwe as dit in klein groepies was; en op hierdie wyse het hulle op hul geval en hulle neergevel op die aarde.

25 Maar kyk, hierdie opmars van Coriantumr deur die middel van die land het Moroniha groot voordeel gegee oor hulle, nieteenstaande die grootheid van die aantal van die Nefiete wat gedood is.

26 Want kyk, Moroniha het veronderstel dat die Lamaniete nie durf kom in die middel van die land nie, maar dat hulle die stede sou aanval omliggend aan die grense, soos hulle tot dusver gedoen het; daarom het Moroniha hulle sterk leërs daardie dele laat beheer omliggend aan die grense.

27 Maar kyk, die Lamaniete was nie verskrik volgens sy begeerte nie, maar hulle het gekom tot in die middel van die land, en het die hoofstad geneem wat die stad Zarahemla was, en het gemarsjeer deur die belangrikste dele van die land, terwyl hulle die volk geslag het met ’n groot slagting, beide manne, vroue, en kinders, en besit geneem het van baie stede en van baie vestings.

28 Maar toe Moroniha dit ontdek het, het hy onmiddellik Lehi uitgestuur met ’n leër rondom om hulle te stuit voordat hulle in die land Oorvloed sou kom.

29 En so het hy gedoen; en hy het hulle gestuit voordat hulle by die land Oorvloed gekom het, en hulle die stryd aangesê, in soverre dat hulle begin het om terug te trek na die land Zarahemla.

30 En dit het gebeur dat Moroniha hulle gestuit het in hul aftog, en het hulle die stryd aangesê, in soverre dat dit ’n uitermate bloedige geveg geword het; ja, baie is gedood, en onder die aantal wat gedood is was aCoriantumr ook gevind.

31 En nou, kyk, die Lamaniete kon nie terugtrek na enige kant toe nie, nóg aan die noorde, nóg aan die suide, nóg aan die ooste, nóg aan die weste, want hulle was omsingel aan elke kant deur die Nefiete.

32 En so het Coriantumr die Lamaniete gedompel in die midde van die Nefiete, in soverre dat hulle in die mag was van die Nefiete, en hy is self gedood; en die Lamaniete het hulself oorgegee in die hande van die Nefiete.

33 En dit het gebeur dat Moroniha weer besit geneem het van die stad Zarahemla, en die Lamaniete wat gevange geneem is laat vertrek uit die land in vrede.

34 En so het die een en veertigste jaar van die heerskappy van die regters geëindig.