Skrifture
Helaman 4


Hoofstuk 4

Nefitiese afvalliges en die Lamaniete span hul magte saam en verower die land Zarahemla—Die Nefitiese nederlae kom as gevolg van hul boosheid—Die Kerk kwyn, en die volk word swak soos die Lamaniete. Ongeveer 38–30 v.C.

1 En dit het gebeur in die vier en vyftigste jaar was daar baie onenighede in die kerk, en daar was ook ’n atwis onder die volk, in soverre dat daar veel bloedvergieting was.

2 En die rebelse deel is gedood en uit die land gedryf, en hulle het na die koning van die Lamaniete gegaan.

3 En dit het gebeur dat hulle gepoog het om die Lamaniete op te stook tot oorlog teen die Nefiete; maar kyk, die Lamaniete was uitermate bevrees, in soverre dat hulle nie wou ag slaan op die woorde van daardie afvalliges nie.

4 Maar dit het gebeur in die ses en vyftigste jaar van die heerskappy van die regters, was daar aafvalliges wat oorgegaan het van die Nefiete na die Lamaniete; en hulle het met daardie ander geslaag om hulle op te stook tot toorn teen die Nefiete; en hulle het almal daardie jaar voorberei vir oorlog.

5 En in die sewe en vyftigste jaar het hulle afgekom teen die Nefiete in die stryd, en hulle het die werk van die dood begin; ja, in soverre dat in die agt en vyftigste jaar van die heerskappy van die regters het hulle geslaag om besit te verkry van die land Zarahemla; ja, en ook al die lande, tot by die land wat naby die land Oorvloed was.

6 En die Nefiete en die leërs van Moroniha is gedryf tot in die land Oorvloed;

7 En daar het hulle hul versterk teen die Lamaniete, vanaf die weste see, tot by die ooste; wat ’n dagreis was vir ’n Nefiet, op die lyn wat hulle versterk het en hulle leërs opgestel het om hul noordelike land te verdedig.

8 En so het daardie afvalliges onder die Nefiete, met die hulp van ’n talryke leër van die Lamaniete, besit gekry van al die besittings van die Nefiete wat in die land suidwaarts was. En dit alles is gedoen in die agt en vyftigste jaar en nege en vyftigste jaar van die heerskappy van die regters.

9 En dit het gebeur in die sestigste jaar van die heerskappy van die regters, het Moroniha geslaag met sy leërs om baie dele te verkry van die land; ja, hulle het baie stede herower wat in die hande van die Lamaniete geval het.

10 En dit het gebeur in die een en sestigste jaar van die heerskappy van die regters het hulle daarin geslaag om tot die helfte van al hulle besittings te herower.

11 Nou, hierdie groot verlies van die Nefiete, en die groot slagting wat onder hulle was, sou nie gebeur het as dit nie was vir hulle boosheid en hul gruwels wat onder hulle was nie; ja, en dit was ook onder diegene wat voorgegee het om aan die kerk van God te behoort.

12 En dit was vanweë die ahoogmoed van hulle harte, vanweë hulle uitermate brykdomme, ja, dit was vanweë hul verdrukking van die carmes, die weerhouding van hulle voedsel van die hongeriges, die weerhouding van hulle kleding van die naaktes, en omdat hulle hul nederige broers op die wang geslaan het, en ’n bespotting gemaak het van dit wat heilig was, omdat hulle die gees van profesie en openbaring geloën het, omdat hulle gemoor, geplunder, gelieg, gesteel, egbreuk gepleeg het, omdat hulle opgekom het in groot twiste, en weggedros het na die land Nefi, onder die Lamaniete—

13 En vanweë hierdie, hulle groot boosheid, en hulle agrootpratery oor hul eie krag, is hulle aan hul eie krag oorgelaat; daarom was hulle nie voorspoedig nie, maar is verdruk en geslaan, en uitgedrywe voor die Lamaniete, totdat hulle besit verloor het van byna al hul lande.

14 Maar kyk, Moroniha het baie dinge tot die volk gepreek vanweë hul ongeregtigheid, en ook aNefi en Lehi, wat die seuns was van Helaman, het baie dinge tot die volk gepreek, ja, en het baie dinge tot hulle geprofeteer aangaande hulle ongeregtighede, en wat oor hulle sou kom as hulle nie bekeer van hul sondes nie.

15 En dit het gebeur dat hulle bekeer het, en in soverre as wat hulle bekeer het, het hulle begin om voorspoedig te wees.

16 Want toe Moroniha sien dat hulle bekeer het, het hy gewaag om hulle van plek na plek uit te lei, en van stad na stad, totdat hulle die een helfte van hul besittings en die een helfte van al hul lande herwin het.

17 En so het die een en sestigste jaar van die heerskappy van die regters geëindig.

18 En dit het gebeur in die twee en sestigste jaar van die heerskappy van die regters dat Moroniha geen besittings meer kon terugwin van die Lamaniete nie.

19 Daarom het hulle hul bedoeling laat vaar om die res van hul lande terug te win, want so talryk was die Lamaniete dat dit onmoontlik geword het vir die Nefiete om meer mag te verkry oor hulle; daarom het Moroniha al sy leërs gebruik om daardie dele wat hy ingeneem het te behou.

20 En dit het gebeur, vanweë die grootheid van die getalle van die Lamaniete, was die Nefiete in groot vrees dat hulle oorweldig en vertrap en gedood en vernietig sou word.

21 Ja, hulle het begin om die profesieë van Alma te onthou, en ook die woorde van Mosia; en hulle het gesien dat hulle ’n hardnekkige volk was, en dat hulle die gebooie van God as niks geag het nie;

22 En dat hulle die awette van Mosia verander en vertrap het onder hul voete, of dit wat die Here hom beveel het om aan die volk te gee; en hulle het gesien dat hul wette ontaard het, en dat hulle ’n goddelose volk geword het, in soverre dat hulle boos was net soos die Lamaniete.

23 En vanweë hul ongeregtigheid het die kerk begin om te akwyn; en hulle het begin om nie te glo in die gees van profesie en in die gees van openbaring nie; en die oordele van God het hulle in die gesig gestaar.

24 En hulle het gesien dat hulle aswak geword het, net soos hul broers, die Lamaniete, en dat die bGees van die Here hulle nie langer bewaar het nie; ja, dit het onttrek van hulle, omdat die Gees van die Here nie woon in conheilige tempels nie—

25 Daarom het die Here opgehou om hulle te bewaar deur sy wonderbaarlike en ongeëwenaarde krag, want hulle het verval in ’n toestand van aongeloof en verskriklike boosheid; en hulle het gesien dat die Lamaniete uitermate talryker was as hulle, en tensy hulle sou bvaskleef aan die Here hulle God, moet hulle onvermydelik vergaan.

26 Want kyk, hulle het gesien dat die krag van die Lamaniete net so groot was soos hulle krag, en wel man vir man. En so het hulle in hierdie groot oortreding verval; ja, so het hulle swak geword, vanweë hul oortreding oor ’n tydperk van anie baie jare nie.