’n Gebrek aan of afwesigheid van nederigheid of onderrigbaarheid. Hoogmoed plaas mense in opposisie teenoor mekaar en God. ’n Hoogmoedige persoon plaas homself bo diegene om hom en volg sy eie wil eerder as God se wil. Verwaandheid, jaloesie, hardvogtigheid en hoogmoedigheid is ook tipies van ’n hoogmoedige persoon.
Neem jou in ag dat jy die Here jou God nie vergeet sodat jou hart verhef word nie, Deut. 8:11–14 .
Hoogmoed en hoogmoedigheid haat Ek, Spr. 8:13 (Spr. 6:16–17 ).
Hoogmoedigheid kom voor die verbreking, Spr. 16:18 .
Die dag van die Here sal oor die hoogmoediges wees, Jes. 2:11–12 (2 Ne. 12:11–12 ).
Die vermetelheid van jou hart het jou bedrieg, Obad. 1:3 .
Al die vermeteles sal ’n stoppel wees, Mal. 4:1 (1 Ne. 22:15 ; 3 Ne. 25:1 ; L&V 29:9 ).
Wie homself verhoog, sal verneder word, Matt. 23:12 (L&V 101:42 ).
God weerstaan die hoogmoediges, 1 Petr. 5:5 .
Die groot en ruim gebou was die hoogmoed van die wêreld, 1 Ne. 11:36 (1 Ne. 12:18 ).
Wanneer hulle geleerd is dink hulle dat hulle wys is, 2 Ne. 9:28–29 .
Julle is verhewe in die hoogmoed van julle harte, Jakob 2:13, 16 (Alma 4:8–12 ).
Is julle gestroop van hoogmoed, Alma 5:28 .
Uitermate groot hoogmoed het in die harte van die mense ingekom, Hel. 3:33–36 .
Hoe gou is die kinders van mense om opgehef te word in hoogmoed, Hel. 12:4–5 .
Die hoogmoed van hierdie nasie het geblyk hulle vernietiging te wees, Moro. 8:27 .
Wees op julle hoede vir rykdom, sodat julle nie soos die Nefiete word nie, L&V 38:39 .
Hou op met al julle hoogmoed en ligsinnigheid, L&V 88:121 .