Studiehulp
Herodes


Herodes

’n Familie van heersers in Judéa om en by die tyd van Jesus Christus. Hulle was belangrike mense in baie Nuwe Testamentiese gebeurtenisse. Die familie is deur Herodes die Grote gevestig, wat bevrees was ten tyde van die geboorte van die Saligmaker (Matt. 2:3) en het die bevel gegee vir die massamoord van die babas in Betlehem. Sy seuns het ingesluit Aristobulus; Heródias Filippus (Matt. 14:3; Mark. 6:17); Herodes Ántipas, die viervors (Matt. 14:1; Lk. 9:7; ook bekend as Koning Herodes, Mark. 6:14); Archeläüs (Matt. 2:22); en Filippus, viervors van Ituréa (Lk. 3:1). Herodes Agríppa Ⅰ (Hand. 12:1–23) en sy suster Heródias (Matt. 14:3; Mark. 6:17) was die kinders van Aristobulus. Herodes Agríppa Ⅰ het verskeie kinders gehad wat ook in die Nuwe Testament genoem word, insluitend Herodes Agríppa Ⅱ (Hand. 25:13), Berníce (Hand. 25:13), en Drusílla, vrou van Felix (Hand. 24:24).