Studiehulp
Plan van Verlossing


Plan van Verlossing

Die volheid van die evangelie van Jesus Christus wat daarop gerig is om die mens se onsterflikheid en ewige lewe teweeg te bring. Dit sluit in die Skepping, Val en Versoening, tesame met alle Godgegewe wette, ordinansies en leerstellings. Hierdie plan maak dit vir alle mense moontlik om verheerlik te word en vir ewig met God te leef (2 Ne. 2; 9). Die skrifture verwys ook na hierdie plan as die heilsplan, die plan van geluk en die plan van barmhartigheid.