Lui, Luiheid Onaktief en nie betrokke by regverdige werke nie. As iemand nie wil werk nie, moet hy ook nie eet nie, 2 Thes. 3:10. Hulle het ’n lui volk geword, vol ondeug, 2 Ne. 5:24. Sorg dat jy luiheid vermy, Alma 38:12. Hy wat lui is sal nie die brood eet van die arbeider nie, L&V 42:42. Wee julle wat nie met julle eie hande wil werk nie, L&V 56:17. Julle moet geesdriftig besig bly in ’n goeie saak, L&V 58:27. Hou op om ledig te wees, L&V 88:124.