Studiehulp
Fariseërs


Fariseërs

In die Nuwe Testament, ’n godsdienstige groep onder die Jode wie se naam beteken om afgeskei of apart te wees. Die Fariseërs was hoogmoedig vanweë hul streng nakoming van die wet van Moses en om enigiets te vermy wat met die nie-Jode verbind word. Hulle het in die lewe na die dood, die Opstanding en die bestaan van engele en geeste geglo. Hulle het geglo dat die mondelinge wet en oorlewering net so belangrik was as die geskrewe wette. Hulle leerstellings het godsdiens beperk tot die nakoming van reëls en het geestelike hoogmoed aangemoedig. Hulle het veroorsaak dat baie Jode Christus en sy evangelie betwyfel het. Die Here het die Fariseërs en hulle werke veroordeel in Matthéüs 23; Markus 7:1–23; en Lukas 11:37–44.