Studiehulp
Jeremia


Jeremia

’n Ou Testamentiese profeet wat gebore was in ’n priesterlike gesin en wat in Juda geprofeteer het vanaf 626 tot 586 v.C. Hy het na aan die tyd van ander groot profete geleef: Lehi, Eségiël, Hosea en Daniël.

Jeremia was gekies om ’n profeet te wees in die vooraardse lewe (Jer. 1:4–5). Gedurende sy ongeveer veertig jaar as ’n profeet het hy teen afgodery en onsedelikheid gepreek onder die Joodse volk (Jer. 3:1–5; 7:8–10). Hy moes gedurige teenkanting en beledigings verduur (Jer. 20:2; 36:18–19; 38:4). Na die val van Jerusalem het die Jode wat gevlug het na Egipte, vir Jeremia saam met hulle geneem (Jer. 43:5–6), waar, volgens oorlewering, hulle hom tot die dood gestenig het.

Die boek van Jeremia

Hoofstuk 1–6 bevat profesieë wat gegee is gedurende die heerskappy van Josía. Hoofstuk 7–20 is profesieë gedurende die tyd van Jójakim. Hoofstuk 21–38 handel oor die heerskappy van Sedekía. Hoofstuk 39–44 bevat profesieë en beskryf geskiedkundige gebeure na die val van Jerusalem. Hoofstuk 45 bevat ’n belofte aan Barug, sy skrywer, dat Barug se lewe gespaar sal word. Ten slotte is hoofstuk 46–51 profesieë teen ander nasies. Hoofstuk 52 is ’n geskiedkundige slot. Sommige van Jeremia se profesieë is ingesluit in die bronsplate van Laban wat deur Nefi verkry is (1 Ne. 5:10–13). Jeremia word ook twee ander kere genoem in die Boek van Mormon (1 Ne. 7:14; Hel. 8:20).

Die boek van Jeremia sluit ook ’n verwysing in na die mens se vooraardse bestaan en Jeremia se vooraf ordening (Jer. 1:4–5); ’n profesie van die terugkeer van Israel vanaf hulle verstrooide toestand, versameling van een van ’n stad en twee van ’n gesin na Sion, ’n aangename land waar Israel en Juda in veiligheid en vrede kon woon (Jer. 3:12–19); en ’n profesie van die Here wat Israel versamel van die noordelike lande deur baie “vissers” en “jagters” te stuur om hulle te vind (Jer. 16:14–21). Hierdie gebeurtenis van die laaste dae sal groter in omvang wees as selfs Moses se terugbring van Israel uit Egipte (Jer. 16:13–15; 23:8).