Kasty, Kastyding Sien ook Teenstand Verbetering of dissipline van individue of groepe ten einde hulle te help om te verbeter of sterker te word. Verwerp nie die tugtigende hand van die Almagtige nie, Job 5:17 (Spr. 3:11). Welgeluksalig is die man wat U tugtig, O Here, Ps. 94:12. Die hele skrif is gegee tot weerlegging, tot teregwysing, 2 Tim. 3:16. Die Here tugtig diegene wat Hy liefhet, Hebr. 12:5–11. Die Here ag dit goed om sy volk te kasty, Mosia 23:21–22. Tensy die Here sy volk kasty, sal hulle Hom nie onthou nie, Hel. 12:3. Die Here het met die broer van Jered gespreek, en hom gekasty, Ether 2:14. Hulle is getugtig sodat hulle mag bekeer, L&V 1:27. Wie Ek liefhet kasty Ek ook sodat hulle sondes vergewe mag word, L&V 95:1. Al diegene wat nie kastyding wil verduur nie, kan nie geheilig word nie, L&V 101:2–5. My volk moet noodwendig gekasty word totdat hulle gehoorsaamheid leer, L&V 105:6. Hy wat nie kastyding wil verduur nie, is my koninkryk nie waardig nie, L&V 136:31.